Verligting oor hemelhoë waterrekeninge
Elvira Hattingh - Windhoekers wat vandeesmaand uitsonderlike hoë waterrekeninge ontvang het, kan ‘n sug van verligting slaak nadat die munisipaliteit besluit het om die droogtetarief vir huishoudings net terugwerkend tot in Januarie, pleks van Julie 2018, toe te pas.
Dit beteken verskeie huishoudings wat reeds ‘n plan gemaak het om vandeesmaand hul water te betaal wat tot drie keer die normale bedrag was, sal volgende maand ‘n krediet op hul rekeninge hê. Geen huishoudings se water sal intussen afgesny word nie.
Die Windhoekse munisipaliteit het vandag tydens ‘n nuuskonferensie verduidelik waterrekeninge was vandeesmaand so hoog omdat die droogtarief skielik ingestel is en ook terugwerkend tot 1 Julie verlede jaar toegepas is.
“Dit het veral ‘n ernstige impak vir kliënte gehad wie se waterlesings oor ‘n langer tydperk geskat is,” het die munisipale woordvoerder, mnr. Harold Akwenye, gesê.
Dit volg nadat die munisipaliteit eers in Desember agtergekom het dat hy nagelaat het om die hoër droogtetarief vanaf 1 Augustus verlede jaar toe te pas, toe ‘n droogtesituasie aangekondig is. Die droogtetarief is toe verkeerdelik slegs op besighede toegepas.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie