Verlief

Was jy al ooit verlief op iemand? Vlinder-op-die-maag verlief.

Halsoorkop dol verlief.

So verlief dat jy in die geheim vir iemand ?n liedjie op jou kitaar geskryf het...

So verlief dat jy aan niks ander kon dink nie...

So verlief dat jy iets baie dom aangevang het...

Dan sal die romantiese stories in hierdie bundel jou hart tjoklits laat klop! Hierdie tienerfiksieboek, Verlief, bevat elf liefdesverhale deur die skrywers Anzil Kulsen, Christien Neser, Elizabeth Wasserman, Elmarie Botes, Fanie Botes, Jaco Jacobs, Nelia Engelbrecht en Solet Scheeres.

Verlief is gepubliseer deur LAPA Uitgewers (ISBN: 978-0-7993-5507-9) en is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars asook direk by LAPA Uitgewers. Besoek hul webtuiste by www. lapa.co.za

Kommentaar

Republikein 2025-09-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer