Verlangsaming sal verbruiker baat
Verlangsaming sal verbruiker baat

Verlangsaming sal verbruiker baat

Al is daar hoop vir 'n effense verligting van die druk op die verbruiker vanjaar, gaan die ekonomie maar steeds sukkel om uit die blokke te kom.
Estelle de Bruyn
Hoër reënvalsyfers sal lei tot 'n verlangsaming in kosprys­inflasie in 2017. Dit sal weer die druk verlig op verbruikers, veral diegene in die laerinkomstegroepe, sê Herman van Papendorp en Sanisha Packirisamy van Momentum Investments.

“Hoër kospryse het gevreet aan laer­inkomstegroepe se reële loonstygings, terwyl finansiële instellings ook kredietleningsvoorwaardes strenger gemaak het in dié mark-segment,” sê Packirisamy volgens Fin24.

Die sukkelende ekonomie gaan waarskynlik nie binnekort verbeter nie, maar John Loos, verbruikers- en eiendomstrateeg van FNB, sê daar is tog goeie nuus vir laerinkomstegroepe. As droogtetoestande beduidend verbeter, sal dit lei tot 'n wesenlike verlangsaming in voedselprysinflasie.

Loos sê die gaping tussen hoër- en laerinkomstegroepe het verlede jaar verder vergroot. Hy meen dit is omdat voedselpryse so 'n groot deel van laerinkomstegroepe se besteding uitmaak.

“Luidens berigte is daar effense verligting in die droogtetoestande, maar ons is nog nie buite gevaar nie. As ons egter kyk na die laer inflasie volgens die produksieprysindeks (PPI) vir landbou, is dit goed om in gedagte te hou dat dit gewoonlik die koers van die verbruikersprysindeks (VPI) vir voedsel beïnvloed,” sê Loos.

“Ons behoort dus binnekort laer voedselprysinflasie te begin sien en as dit beduidend daal, kan dit looninflasie die kans gee om in te haal.”

Daar was 'n skerp verlangsaming in die PPI vir landbou – van 20,6% op 'n jaargrondslag in Junie 2016 tot 6,9% teen November 2016. Loos hoop dat dit 'n aanduiding is dat die VPI vir voedsel en nie-alkoholiese drankies binnekort sal begin verlangsaam. Hy verwag dit sal 'n kernrol speel in die verlangsaming van die oorhoofse VPI terug tot binne die teikenband van 3% tot 6%, vanaf 'n verwagte gemiddelde van 6,3% in 2016 as geheel tot 5,9% in 2017.

“Dié verlangsaming in die oorhoofse VPI is nie groot nie, maar dit is belangrik wat betref ons verwagting dat verdere rentekoersverhogings dalk nie in 2017 sal plaasvind nie,” sê Loos.



Duursame verbruikers­goedere

Volgens Packirisamy is verbruikers steeds traag om geld te bestee aan “groot” aankope soos meubels, toestelle en elektronika.

Die Buro vir Ekonomiese Ondersoek (BEO) het byvoorbeeld gevind dié traagheid in die aankoop van duur­same verbruikersgoedere is waarskynlik te wyte aan gedempte sentiment onder verbruikers, stygende rentekoerse en lae kredietgroei. Boonop het die pryse van ingevoerde duursame goedere baie gestyg weens 'n swakker rand.

Packirisamy wys daarop dat hoërinkomstegroepe – diegene wat meer as R14 000 per maand verdien – op die oog af selfs traer is om duursame goedere te koop.

Van Papendorp en Packiri­samy is versigtig om voorspellings te maak oor die besteding van laerinkomsteverbruikers. “Ná die ANC se kongres van die nasionale uitvoerende komitee in Desember 2017 sal daar groter duidelikheid oor die toekomstige politieke leierskap in Suid-Afrika wees, en verwagte rentekoersverlagings in 2018 behoort 'n meer bemoedigende prentjie te skets vir verbruikersbesteding op mediumtermyn,” sê hulle.

“Boonop is die vooruitsigte wat werkloosheid betref steeds beroerd in die huidige omgewing waarin ondernemings kapitaal- en arbeidsbesteding afgeskaal het in reaksie op toenemende politieke onsekerheid en gedempte plaaslike aanvraag.”

 - Fin24

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%