Verlamde man eis vir beweerde nalatigheid
'n Man van Windhoek sê mediese personeel het nie ag geslaan op sy kommer oor 'n dreineringspyp wat losgekom het nie.
Henriette Lamprecht – Byna vier jaar nadat ’n man van Windhoek ná ’n operasie verlam gelaat is, dagvaar hy ’n private hospitaal vir meer as N$17 miljoen vir pyn en lyding, asook verlies aan inkomste.
Volgens hofstukke plaas mnr. Michealangelo Rittman, ’n voormalige tellerkoördineerder by ’n plaaslike bank, die blaam vir sy verlamming op die nalatigheid van mediese personeel wat nie ag op sy pleidooie om hulp geslaan het nie. Mediclinic Windhoek is die verweerder in die saak, terwyl die derde party dr. Ettienne Vermaak, ’n neurochirurg, is.
Volgens Rittman se verklaring is hy op 23 Desember 2015 in die hospitaal opgeneem vir ’n laminektomie-prosedure waarna hy in die intensiewesorgeenheid van die hospitaal opgeneem is. ’n Laminektomie is 'n chirurgiese operasie om die agterkant van een of meer werwels te verwyder, gewoonlik om toegang tot die rugmurg te bied of om druk op senuwees te verlig.
Twee dae ná die chirurgie het die dreineringspyp losgekom wat ingesit is om oortollige bloed in Rittman se rugmurg te dreineer. Volgens hom het hy dit vir mediese personeel gesê en ook sy kommer oor moontlike bloeding as gevolg hiervan uitgespreek. Die verpleegsters het volgens hom hom egter verseker dit sal nie enige skade veroorsaak nie.
Rittman het vanaf 25 tot 28 Desember voortdurend van erge nekpyn en vreemde sensasie in sy bene gekla, maar die verpleegpersoneel het hom telkens verseker daar was geen rede tot kommer nie. Dr. Vermaak het op 28 Desember ‘n tweede operasie op Rittman uitgevoer en wel ‘n noodoperasie om epidurale spinale vloeistof te dreineer wat beduidende druk op die rugmurg geplaas het, en die gevolg was van die dreineringspyp wat losgekom het.
Rittman was tot 14 Januarie 2016 in Mediclinic in Windhoek se intensiewesorgeenheid, waarna hy na die intensiewesorgeenheid van die Lady Pohamba Private Hospitaal in die hoofstad oorgeplaas is. Hy is eers op 1 April 2016 uit dié eenheid ontslaan.
Volgens Rittman het hy op 27 Mei dieselfde jaar sy mediese en verpleegrekords by Mediclinic Windhoek aangevra om ‘n spesialis te nader wat die oorsaak en omvang van sy verlamming moes bepaal. Op 6 September 2016 is hy deur ‘n neuroloog ondersoek en op 28 Februarie 2018 is hy deur ‘n neurologiese spesialis ondersoek wat bevind het die oorsaak van sy verlamming was ‘n gevolg van Mediclinic Windhoek se mediese personeel.
Weens dié nalatigheid het Rittman alle funksies van sy onderlyf verloor, is hy ‘n parapleeg en aan ‘n rolstoel vasgekluister. Volgens Rittman het hy voortdurende rugpyn wat deur die gebruik van die rolstoel vererger word, ly hy aan ‘n ernstige depressie en het herhaalde longontsteking en blaasinfeksies.
Hy eis N$3 miljoen vir mediese en hospitaalkoste, sowel as koste om die werklike omvang van sy beserings te bepaal; N$5,5 miljoen vir toekomstige mediese en hospitaalverwante koste; N$2 miljoen vir pyn en lyding en N$700 000 vir die verlies van die genot van lewensgenietinge soos stap en swem en die onvermoë om ‘n intieme verhouding te hê. Rittman, ‘n oudwerker van First National Bank (FNB), eis ook N$6 miljoen vir die verlies aan inkomste.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie