Verkiesings ‘kan nie uitgestel word’

Gevolge sal verreikend wees

22 June 2020 | Regering
Denver Kisting – Die gebruik van elektroniese stemtoestelle (EVM’s) kan die verdere verspreiding van Covid-19 aanhelp. So sê die voorsitter van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN), adv. Notemba Tjipueja.

Boonop, sê sy, verbied ’n hooggeregshofuitspraak van vroeër vanjaar die gebruik van dié toestelle sonder ’n naspeurbare papierspoor.

Derhalwe sal die plaaslike owerheidsverkiesings en dié van streekrade later vanjaar by wyse van tradisionele stembriewe geskied, het Tjipueja Vrydagoggend op ’n nuuskonferensie in Windhoek gesê.

Tradisionele stembriewe is reeds in Maart vanjaar gebruik tydens die tussenverkiesing in twee kiesafdelings – Opuwo landelik en Otjiwarongo.

Luidens die uitspraak deur ’n volbank van die hooggeregshof mag EVM’s sonder ’n naspeurbare ouditspoor nie ná 21 Maart in enige verkiesing gebruik word nie.

Dít het gekom nadat dr. Panduleni Itula, wat as ’n onafhanklike kandidaat vir pres. Hage Geingob die stryd aangesê het in November 2019 se verkiesing, die presidensiële uitslae bevraagteken het.

Die hof het nie sy versoek om ’n herverkiesing toegestaan nie.

Tjipueja sê ondanks die swaard van die Covid-19-pandemie wat oor die wêreld, insluitend Namibië, hang, sal die uitstel van dié verkiesings wat vir Woensdag 25 November vanjaar geoormerk is, verreikende gevolge inhou.

Om die toerusting vir ’n naspeurbare papierouditspoor (VVPAT) aan te koop, na Namibië te vervoer en mense in die gebruik daarvan op te lei, sal bykans N$133 miljoen kos, het sy gesê. “Ons standpunt is dat Namibië nie tans in ’n posisie is om te bekostig om die VVPAT-toestelle aan te skaf nie, gegewe die talle mededingende prioriteite waartoe Covid-19 verder bygedra het.”

Tjipueja sê die ECN het in beraadslaging met talle belanghebbendes, insluitende politieke partye, op ’n aantal strategieë besluit om die verdere verspreiding van die virus tydens die verkiesings te probeer keer.

Onder meer sluit dit deurlopende gesprekke in met die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste oor risiko’s.

Hiernaas is die nasionale kiesliggaam daartoe verbind om veilige fisieke afstand en respiratoriese higiëne te bevorder en van persoonlike beskermingstoerusting (PPE) gebruik te maak.

Die voorsitter sê hulle onderneem ook om gedeelde oppervlakke deurlopend te ontsmet.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Iran: Kernkragontploffing veroorsaak beduidende skade

5 ure gelede | Internasionaal

’n Kernkragontploffing Donderdag in ’n pakhuis by die Ntanz-aanleg in sentrale Iran het beduidende skade aangerig en kan die produksie van sentrifuges vertraag wat uraan...

Egipte arresteer dokters om kritici stil te maak

6 ure gelede | Internasionaal

Ongeveer tien dokters en ses joernaliste is vanaf Februarie in Egipte in hegtenis geneem omdat hulle die regering van pres. Abdel Fattah el-Sissi kritiseer oor...

Covid-19 knou Media24

8 ure gelede | Afrika

Media24 oorweeg dit om vyf tydskrifte en twee koerante te sluit, sy oorblywende maandelikse tydskrifte uit te kontrakteer en hul frekwensie te verminder, twee koerante...

Kenia heropen grense na 4 maande

9 ure gelede | Afrika

Mnr. Uhuru Kenyatta, die president van Kenia, het Maandag die heropening van dié land se grense “in fases” aangekondig.Internasionale vlugte sal vanaf 1 Augustus...

55 nuwe Covid-19-gevalle bring totaal op 593

9 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula sê 55 nuwe gevalle van Covid-19 is die afgelope 24 uur in die land...

Twee vas oor olifanttande

20 ure gelede | Misdaad

Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag vanaf 29 Junie tot 6 Julie is twee nuwe wildmisdaadsake aanhangig gemaak en vier verdagtes in hegtenis geneem. Mnre. Alfred...

Kleintjies terug skool toe

20 ure gelede | In beeld

Leerlinge vanaf graad 0 tot 3 het gister weer vir aangesig tot aangesig onderrig teruggekeer met leerlinge en ­onderwysers wat opgewonde was om weer by...

Tuiskwarantyn aan kus ’n opsie

20 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) gaan meer buigsaam wees in die kwarantyn van kontakte van bevestigde Covid-19-gevalle in die...

Psemas: ‘Tender sluit almal behalwe Methealth uit’

20 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Dit wil voorkom asof die bepalings van ’n tender om die staat se mediese fonds (Psemas) te bestuur, op so ’n manier...