VERKIESINGS 2019: Werkskepping
VERKIESINGS 2019: Werkskepping

VERKIESINGS 2019: Werkskepping

Dani Booysen
Die reeks is gebaseer op beskikbare manifeste van deelnemende politieke partye.

ALL PEOPLE’S PARTY (APP)

• Dringende werkskepping – veral vir die jeug

• Prioriteitaanstelling van opgeleides uit ‘n behoeftige agtergrond in die staatsdiens

• Heraktiveer ou landbouprojekte en laat herleef bestaande projekte

• Neem plaaslike inwoners in diens by groenskemas

CONGRESS OF DEMOCRATS (CoD)

• Werkskepping vir die jeug

LANDLESS PEOPLE’S MOVEMENT (LPM)

• Belê in sake-ontwikkeling

• Heropleiding van die jeug om entrepreneurs te wees eerder as werksoekers

• Staatsfinansiering vir landbou- en bosboubesighede wat werk in landelike gebiede skep (meer as 50 000 ekstra werke)

• Beskerm werke in die visbedryf: Geen kwotas aan individue, belê winste in ‘n welvaartsfonds vir maatskaplike ontwikkeling en/of ‘n basiese inkomstetoelaag (BIG)

• Die verbouing van druiwe kan tot 60 000 permanente en deeltydse werke skep

NAMIBIA ECONOMIC FREEDOM FIGHTERS (NEFF)

• Verpligte aftrede om werk vir die jeug te skep

NATIONAL DEMOCRATIC PARTY (NDP)

• Arbeidswetgewing moet werkskepping ondersteun

• Skep eenstop-geleentheidsentrums vir jong werksoekers en entrepreneurs

• Nywerheidsontwikkeling in alle streke

• Universele werkloosheidstoelaag van N$1 200 per maand

• Vyf jaar militêre diensplig vir skoolverlaters sonder heenkome

NATIONAL UNITY DEMOCRATIC ORGANISATION (NUDO)

• Minstens 50% van werknemers by staatsinstellings moet jeugdiges wees

• ‘n Staatsuiwel-, -pluimveeplaas en -tuinbouprojek in elke streek wat voorrade aan die regering sal verskaf

• Minerale eksplorasie en myne in alle streke

• Medisynefabrieke

• ‘n Olierafinadery in die Kunenestreek wat ruolie uit Angola verwerk

POPULAR DEMOCRATIC MOVEMENT (PDM)

• ‘n Kleiner en meer doeltreffende staatsdiens en ‘n meer produktiewe sakesektor sal meer werk skep

• Werkskepping sal menswaardigheid herstel, armoede en ongelykheid verminder, asook gesinne en die jeug bemagtig

• Fokusareas: minstens een mededingende nisnywerheid in elke kiesafdeling, dinamiese dienssektor (bou toerisme uit), kennisekonomie, landboumodernisering, waardetoevoeging tot minerale, lewenskragtige SME-ontwikkeling en entrepreneurskapopleiding

• Brei die houtskoolbedryf uit

• Beloon besighede wat werk skep en vakleerlinge inneem

• ‘n Werkloosheidregister in elke streek

• Gebruik vakleerlinge om skole op te knap

RALLY FOR DEMOCRACY AND PROGRESS (RDP)

• Klem op landelike ontwikkeling vir werkskepping

• Rig landelike ontwikkelingsentrums op en befonds die sentra behoorlik

• Aansporingsmeganismes vir beleggers wat jongmense tydelik en permanent inneem

• Gratis sakelenings vir entrepreneurs

• Arbeidsintensiewe fokusareas: konstruksie, landbou, tekstielbedryf, toerisme, nywerhede en prosessering

• Hervorm tenderprosesse

• Leer jongmense om hard te werk eerder as om kitsrykdom na te streef

REPUBLICAN PARTY (RP)

• Programme en beleid wat meer werk sal skep

• Geen Chinese in ongeskoolde arbeidsmag

• Verbeter onderwysstandaarde en rig meer beroepopleidingskole en –kolleges op

SWANU

• Sosialiseer produksiemiddele, veral in die primêre sektore, om werk te skep

• Plaas werkskepping en welvaartskepping vir die jeug op die sneltrajek

• Fokusareas: telekommunikasie, mynbou, visserye, akwakultuur, landbou

• Jeugeienaarskap en beheer in die bedrywe

• Werkskepping deur nuwe voedsel- en waterbronne in stedelike en landelike gebiede

• Groter klem op beroepsopleiding

SWAPO

• Bevorder ‘n inklusiewe ekonomie, diversifisering van die “blou ekonomie”, nywerheidsontwikkeling en waardetoevoeging in veral mynbou

• Gebruik tenders om plaaslike besighede te bevorder sodat hulle werk kan skep en inwoners kan bemagtig deur die lewering van goedere en dienste

• Versterk bestaande beleid en skryf nuwe beleid vir werskepping

• Verwyder alle sake- en handelshindernisse

• Radikale hervorming van SOE’s vir werkskepping, bv. deur middel van PPP’s

• Ander fokusareas vir werkskepping en die bevordering van plaaslike eienaarskap: infrastruktuurontwikkeling, toerisme

• Verlaag hoë ondervindingseise vir jong beroepslui en vergemaklik hul registrasie met inagneming van internasionale beste praktyke

• Verpligte lysting van vakatures op die staatsdatabasis (NIEIS)

• Aansporingsmiddele vir besighede, met monitering en evaluering

• Die jeug moet entrepreneurs word wat werk skep eerder as werksoekers

• Versterk en verbreed SME-ontwikkeling

• Bevorder werkskepping vir mense met gestremdhede en randgroepe

WORKERS REVOLUTIONARY PARTY (WRP)

• Jeugwerkloosheid sal altyd toeneem in ‘n staat wat as agent vir buitelandse beleggers en ekonomiese en politieke eksploitasie optree

Kommentaar

Republikein 2025-06-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer