VERKIESINGS 2019: Sport, kuns, kultuur en vermaak
Hierdie is die laaste aflewering in ons reeks van tien artikels wat partymanifeste oor gekose onderwerpe vergelyk.
ALL PEOPLE’S PARTY (APP)
• Behoorlike, landwye infrastruktuur vir sport, kultuur en vermaak by skole, universiteite, werksplekke en in die staatsdiens – asook behoorlike onderhoud van die geriewe
• Bevorder “sport vir almal” in alle gemeenskappe
• Elke openbare onderneming (SOE) en multinasionale maatskappy moet ‘n sportkode landwyd borg vir vyf jaar
• Aansporingsmiddels vir privaat besighede wat sport en kultuur bevorder
• Bevorder sport-, kultuur- en kunsfeeste in elke streek
• Ondersteuning om die kuns-, kultuur-, mode-, musiek- en filmbedrywe te professionaliseer
• Plaaslike inhoudskwotas vir al bogenoemde op TV, radio en aanlyn
LANDLESS PEOPLE’S MOVEMENT (LPM)
• Die sektore is noodsaaklik vir groei in die BBP
• N$600 miljoen vir sport oor vyf jaar toegedeel
• Identifiseer talent en lewer atlete van internasionale standaard
• Hervorm die Nasionale Sportkommissie (NSC) en skolesport (NSSU)
• Skep bande met groot sportlande vir bystand, mentorskap en opleiding
• Rig ‘n nasionale sportwetenskapsentrum op
• Meer wêreldklasstadions
• Span saam met buurlande om sokker se Afrika-nasiesbeker aan te bied
• Ontwikkel geleenthede in die plaaslike, streeks- en internasionale kuns- en vermaakbedryf
• Gespesialiseerde talentprogramme in alle streke
NATIONAL DEMOCRATIC PARTY (NDP)
• Beter sportstadions en meer wat aan wêreldstandaarde voldoen
• Stig nasionale en internasionale sportkolleges
• Oorsese opleiding in afrigting, administrasie en ander sportdissiplines
NATIONAL UNITY DEMOCRATIC ORGANISATION (NUDO)
• Bevorder sportetiek onder die jeug
• Rig ‘n ontspanningsentrum in elke kiesafdeling in met ‘n gimnasium, binneshuise sportgeriewe en ‘n speletjiesentrum
• Gebruik kultuur om harmonie te bevorder en verskeidenheid te vier
POPULAR DEMOCRATIC MOVEMENT (PDM)
• Sport bevorder fisieke en sielkundige gesondheid, asook produktiwiteit
• Nasionale gesondheids- en fiksheidsveldtogte
• Meer georganiseerde beleggings in sport
• Identifiseer talent in elke kiesafdeling en streek
• Erken streke se tradisionele sportkodes en ontwikkel spesifieke sporte in spesifieke streke
• Stig ‘n nasionale sportopvoedingsraad en maak sportopleiding deel van skole se leerplanne
• Sportvelde en stadions in elke kiesafdeling en sportgeriewe in landelike gebiede
• Privaat-openbare-vennootskappe (PPS’s) vir die bestuur en onderhoud van sportgeriewe
• Versterk kultuur en erfenis se rol in onderwys
RALLY FOR DEMOCRACY AND PROGRESS (RDP)
• Sport is belangrik vir die jeug en nasie se fisieke en geestelike ontwikkeling en gesondheid
• Stig sportakademies vir uitnemendheid
• Stadions en gimnasiums in elke streek
SWAPO
• Bevorder toegang vir almal tot wêreldklas sport- en ontspanningsgeriewe
• Bevorder optimale deelname en prestasie deur die jeug
• Sport moet patriotisme, nasiebou en nasionale identiteit bevorder
• Stig ‘n nasionale sportakademie en sentrum vir uitnemendheid
• Gradeer een stadion op na internasionale standaarde
• Geïntegreerde jeug- en sportgeriewe in streke
• Gee aan streeks- en plaaslike owerhede die vermoë om groter deelname en die professionalisering van sport te bevorder
• Beter elektroniese toegang tot vermaak
• Voortgesette hersiening van beleid om mense met gestremdhede in te sluit

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie