Verkiesings 2019: Moet kiesers die president vertrou?
Christie Keulder - Die president is weens die uitvoerende aard van sy amp die magtigste persoon in Namibië se demokrasie. Die president word direk verkies en ontvang dus ‘n mandaat afsonderlik van die regerende party.
Ondersteuning vir die president en regerende party, soos grafiek 1 toon, stem egter nou ooreen. In 2014 het ‘n noemenswaardige hoeveelheid van opposisiepartye se ondersteuners egter ook vir dr. Hage Geingob gestem. Hy was, volgens stempersentasie, die mees gewilde presidensiële kandidaat sedert die land onafhanklik geword het.
Tog is vertroue in die president volgens grafiek 2 die laagste sedert die Afrobarometer-opname die eerste keer in 1999 gedoen is. Maak dit saak wanneer dit by vanjaar se presidensiële verkiesing kom?
Baie veranderlikes bepaal kiesers se keuses. Vertroue is net een hiervan.
Om herkies te word, benodig die president stemme en nie vertroue nie; minstens oor die kort termyn.
Sal kandidate van opposisiepartye weens hierdie gebrek aan vertroue meer stemme ontvang? Dit sal ons eers sien as die uitslae aangekondig word.
Omdat geen opposisieleier nog ‘n noemenswaardige alternatief was nie, sal vertroue in die staatshoof waarskynlik minder belangrik bly.
* Data is ontleen aan die Afrobarometer, 'n Pan-Afrikaanse reeks opnames oor houdings oor demokrasie, bestuur en die gemeenskap. Besoek afrobarometer.org vir meer besonderhede.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie