Verimark se verdienste styg met 200%
Meer nuwe produkte wat met groter reëlmaat bekend gestel is, operasionele doeltreffendheid en kostebeheer het bygedra tot een van Verimark se beste finansiële vertonings in 40 jaar, sê Michael van Straaten, uitvoerende hoof.
Dié regstreekste bemarker het 'n dividend van 11,3c per aandeel, 205% meer as die 3,7c per aandeel in 2016, verklaar vir die boekjaar tot einde Februarie.
Dit verteenwoordig 'n opbrengs van 18,5% op sy aandeelprys soos aan die einde van die jaar.
Kontant gegenereer uit bedrywighede het met R16,5 miljoen tot R47,40 gestyg.
Volgens Van Straaten het Verimark gebaat by die sterker rand in die tweede helfte van die boekjaar. Dit het tot groter koopkrag gelei, veral ten opsigte van ingevoerde produkte.
Dit gekombineer met prysverhogings het gelei tot 'n groter bruto wins.
Verimark het ook weer sy internasionale handelstrategie geaktiveer en by vier buitelandse handelskoue uitgestal. Die reaksie van besoekers en vorige handelsvennote was positief.
Dié strategie sal mettertyd inkomste en wins verhoog, reken Van Straaten.
“Ons bewese vermoë om te innoveer en aan te pas by die immer veranderende ekonomiese en kleinhandelomgewing, is die sleutel tot die sukses van ons sake.
“Ons is ondanks die afgradering van Suid-Afrika se staatskuld tot rommelstatus, wat die groeipotensiaal van die ekonomie nadelig sal tref, optimisties oor die toekoms.
“Verimark het in sy 40 bestaansjare soortgelyke ekonomiese terugslae oorleef en telkens sterker daaruit getree. -Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie