Verimark se stofsuiers spoeg stewige wins uit
Verimark, wat onder meer die Floorwiz, Genesis-stofsuiers en Twista-kombuistoerusting aan Suid-Afrikaners verkoop, het ondanks die druk op verbruikers 'n goeie jaar agter die rug.
Die maatskappy, wat reeds sedert 2005 op die JSE se hoofbord genoteer is, verwag dat sy voorbelaste wins met tussen 15,1% en 35,1% gaan styg. Dit beteken die maatskappy se wins sal tot R50,4 miljoen haal.
Dis vir sy boekjaar tot einde Februarie, waarvan die resultate na verwagting op 22 Mei uitgereik gaan word.
Die maatskappy se wesensverdienste per aandeel – 'n aanduiding van sy wins as sekere eenmalige artikels uitgesluit word – gaan tussen 22,8% en 42,8% hoër wees en kan selfs 34,3c per aandeel haal.
Verimark voer die meeste van sy produkte in, wat die maatskappy baie kwesbaar maak as die rand verswak.
Die rand het veral sedert einde Desember aansienlik versterk en die afgelope ruk merendeels onder R12 per dollar gebly.
Verimark sê oor die loop van die boekjaar was die versterking teenoor die dollar gemiddeld 8,27%.
Dít, tesame met “die bekendstelling van 'n groter aantal merkwaardige produkte” het verkope en wins 'n hupstoot gegee.
Verimark wys daarop dit was 'n uiters moeilike jaar “weens ekonomiese onstabiliteit weens kabinetskommelings, die afgradering tot rommelstatus deur kredietgradeerders en 'n dalende bruto binnelandse produk”.
Verimark skryf sy goeie jaar ook daaraan toe dat hy goeie voorraadbeheer toegepas het, vermorsing uitgeskakel het en sy kostestygings kon beperk.
Verimark se aandeelprys het Donderdagoggend ná die uitreiking met byna 26% tot sy hoogste vlak in 12 maande, R1,02, opgeskiet. Dis nie 'n baie likiede aandeel nie omdat direkteure van die maatskappy nagenoeg 65% van die aandele hou. Verimark is deur die entrepreneur Michael van Straaten begin. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie