Verimark sê dis nie 1ste resessie in sy 41 jaar
Die maatskappy sien geen verbetering in verbruikers se besteding op die horison nie.
Hanlie Stadler – Verimark gaan dalk denoteer, maar moenie dié kleinhandelaar net afskryf nie.
Michael van Straaten, uitvoerende hoof, sê soos alle klein- en groothandelaars wat produkte invoer, “voel ons die druk”.
Die resessie het meegebring dat die maatskappy se inkomste in die eerste helfte van sy boekjaar, tot einde Augustus, met 1% tot R207,5 miljoen gedaal het en die maatskappy sien geen verbetering in verbruikers se besteding op die horison nie.
“Gelukkig was Verimark in sy 41-jarige geskiedenis al ’n aantal kere deur soortgelyke uitdagende ekonomiese fases. In dié moeilike tye het die Verimark-span nie net oorleef nie, maar elke keer sterker anderkant uitgekom.”
Die groep sê hy werk aan sy bemarkingstrategie en begin al hoe meer sosiale media gebruik om sy handelsmerk te versterk. Daarby ondersoek hy “versigtig” nuwe markte in die res van Afrika en ook elders ter wêreld. Dit sal Verimark se “afhanklikheid van die Suid-Afrikaanse rand en ekonomie verminder”, sê Van Straaten.
Verimark word jaarliks deur die wisselvallige rand geskommel. Die eerste deel van die halfjaar is gekenmerk deur ’n sterker rand, maar teen Junie het die rand drasties verswak. Vir die hele ses maande het die rand met 33% verswak. Dit sal veral in die maande wat kom ’n uitwerking hê op die koste van goedere wat verkoop word.
Hoewel Verimark se inkomste gedaal het, het sy bruto wins met 6,9% to R94,8 miljoen gestyg. Dit was omdat minder promosies en afslag aangebied is as in die vorige jaar.
Die maatskappy se bedryfskoste het met 12% tot R98,1 miljoen gestyg omdat meer verkoopspersoneel aangestel is, omdat die petrolprys skerp gestyg het en omdat die maatskappy meer vir huur moes opdok. Laasgenoemde was omdat meer alleenstaande Verimark Emporium-winkels oopgemaak is – die groep het nou 92 winkels.
Verimark sê verbruikers moet uitkyk vir paar ’n “opwindende, innoverende produkte” wat in die aanloop tot Kersfees bekend gestel gaan word.
Van Straaten sê hulle verwag dat dié produkte nie net hul inkomste nie, maar ook hul wins ’n hupstoot sal gee.
In syfers:
· Inkomste daal met 1% tot R207,5 miljoen;
· Bruto wins styg met 6,9% tot R94,8 miljoen;
· Bedryfskoste styg met 12% tot R98,1 miljoen;
· Wesensverlies R2,048 miljoen, teenoor ’n wesensverdienste van R1,087 miljoen.
· Wesensverlies per aandeel 2c, teenoor ’n wesensverdienste van 1c per aandeel – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie