Verhoging in rentekoers 'oorhaastig'
Volgens Bloomberg prys termynhandelaars reeds ''n 100%-kans van ''n koersverhoging in, vergeleke met 68% aan die begin van November.
Vida Booysen
Hoewel markte reeds ''n rentekoersverhoging deur die Amerikaanse Federale Reserweraad (Fed) inprys, is daar ontleders wat glo dis oorhaastig.
''n Aankondiging hieroor word vandag teen 21:00 (Namibiese tyd) verwag.
''n Verhoging van die rentekoerse in Amerika het gewoonlik ''n negatiewe uitwerking op die waarde van die rand, soos wat buitelandse beleggers hul geld uit die Suid-Afrikaanse mark onttrek en in die veiliger opsie van die Amerikaanse markte belê. Omdat Suid-Afrika ''n tekort van 4,1% van sy bruto binnelandse produk (BBP) op sy lopende rekening het, is die land in dié stadium taamlik kwesbaar vir die uitvloei van kapitaal en die verskuiwing van risiko op wêreldmarkte.
Voordat die Fed se opemarkkomitee egter die rentekoers begin verhoog, moet hy weet waar sy steun vir hierdie beleidsverandering vandaan sal kom, sê Adriaan Pask, beleggingshoof van PSG Wealth. “Die aangewese president, Donald Trump, het aangedui dat sy fiskale beleid hierdie steun kan wees, maar hy het geen duidelike aanduiding gegee van presies wát dit sal behels nie.”
Hy waarsku dat die VSA nie werklik op regeringsbesteding alleen kan staatmaak om groei te verhoog nie, aangesien dit nie waarlik ''n bydrae tot die groei van die bruto binnelandse produk (BBP) gelewer het nie.
Fed
Die markte het die idee van ''n moontlike rentekoersverhoging gekry uit opmerkings wat Janet Yellen, voorsitter van die Fed, op 17 November voor die kongres se ekonomiese komitee gelewer het toe sy gesê het hoër rentekoerse “gaan heel waarskynlik betreklik gou toepaslik word”.
Volgens Bloomberg prys termynhandelaars reeds ''n 100%-kans van ''n koersverhoging in, vergeleke met 68% aan die begin van November. Selfs die Fed se eie voorspelling dui daarop dat tien uit die 17 lede van die Fed se opemarkkomitee glo ''n verhoging van 25 basispunte moet in 2016 plaasvind. Dié komitee bepaal of rentekoerse verhoog moet word, al dan nie. Teen hierdie agtergrond, en siende dat die Fed nog nie hierdie jaar rentekoerse verhoog het nie, glo talle dat Desember die aangewese tyd is.
Data oor die sterkte van die Amerikaanse ekonomie, die sterkte van die arbeidsmag en inflasie is sommige van die belangrike syfers wat die opemarkkomitee se besluit sal beïnvloed.
Maar nie ál die syfers is gunstig vir ''n rentekoersverhoging nie.
“Ons glo hoewel die VSA se inflasiekoers nader aan die teiken van 2% beweeg en hoewel werkloosheidsyfers drasties verbeter het, is daar weer ander syfers soos bevolkingsgroei en arbeidsproduktiwiteit wat ''n koersverhoging minder waarskynlik maak as wat algemeen geglo word,” sê Pask. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie