Verenigde front teen kanker

Andrew Poolman
Kanker is nie kieskeurig nie. Dit diskrimineer nie volgens ouderdom, geslag of geloofsoortuigings nie. Ons word almal in 'n stadium deur dié siekte geraak. Dit is hoekom ons saam moet staan om 'n verskil te maak.

Die Kankervereniging van Namibië (CAN) daag elke individu, maatskappy en skool uit om op te staan en deel te neem aan die verenigde stryd teen kanker.

Koop 'n pienk lint by CAN vir N$5 en dra dit trots teen jou bors op Vrydag 30 Oktober ter ondersteuning van Borskankermaand.

Om bestellings te plaas, kontak Renay by 061 237 740 of stuur 'n e-pos na [email protected].

Is jy gereed vir jou volgende uitdaging? Maatskappye word ook uitgenooi om vroue in hul kankerstryd te ondersteun deur 'n fantastiese pienk uitrusting aan te trek en 'n blik op dié dag te skud. Bring jou pienk tutu, trek jou pienk skoene en sit jou gunstelingpienk lipstiffie aan en kyk hoeveel jy kan insamel.

Die Pink Day Street Collections vind Vrydag vanaf 07:00 tot 08:30 by uitgesoekte kruisings in Windhoek plaas.

Indien jy deel wil wees van dié spesiale geleentheid, of enige verdere inligting benodig, kontak [email protected].

Kommentaar

Republikein 2025-12-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer