Verduur nou pyn vir beter toekoms
Die minister van finansies het tydens 'n begrotingsdinee nie doekies omgedraai oor die benarde ekonomiese situasie in die land nie.
Ronelle Rademeyer - Die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, se boodskap aan Namibiese sakelui en ander gaste tydens Woensdagaand se begrotingsdinee was nie met 'n laag versiersuiker opgedis nie.
Namibië sal nou moet oë toeknyp en die pyn verduur indien hy vorentoe ekonomiese voorspoed wil beleef, het hy gesê.
“Die 2017/2018-begroting word gekenmerk deur fiskale konsolidering en aanpassings ten opsigte van bestedingsprioriteite.
“Die besnoeiing van openbare besteding gaan op kort termyn ekonomiese groei in Namibië temper, maar as ons nié die pad van fiskale konsolidering begin stap het nie, was ons nou baie slegter daaraan toe,” het hy gesê.
Die minister het by PwC Namibia, Namibia Media Holdings (NHM), Liberty en Standard Bank Namibia se tiende begrotingsdinee gesê deur saam te staan, is Namibië beter toegerus om oplossings vir sy dilemma te vind.
Me. Chantell Hussellmann, vennoot: indirekte belastingsdienste by PwC Namibia, het in haar voorlegging oor die begroting kommer uitgespreek oor die staat se groeiende salarisrekening en gesê dit is digby 50% van die totale inkomste van die staat.
Mnr. Roland Brown van Cyrrus Capital het kort daarna getwiet: “Skokkende styging in 'n reeds uiters hoë salarisrekening in die 2017/2018-boekjaar na ongeveer 45% van die totale besteding! Dit is absoluut onaanvaarbaar, veral terwyl broodlyn-werknemers in die konstruksiebedryf hul werk teen die spoed van lig verloor.”
Wat die twieters in die saal waar die dinee aangebied is wel opgewonde gehad het, is die aankondiging dat die Wet op Openbare Verkryging na verwagting op 1 April in werking sal tree.
Net so sal die nuwe inkomste-agentskap ook na verwagting op 1 April operasioneel wees.
Mnr. Johan Nel, vennoot: korporatiewe belastingdienste by PwC Namibia, het daarop gewys dat die stelsel vir aanlyn belastingsindiening, bekend as die Itas-stelsel, ook vanjaar geïmplimenteer sal word.
Volgens hom wys die Wêreldbank in sy 2017-verslag oor belastingvriendelike stelsels dat Namibië vyf plekke geval het in Afrika en nou die negende plek beklee.
Globaal het Namibië met 19 plekke verbeter, sê hy.
In Namibië neem dit byvoorbeeld 302 uur in beslag om BTW-verpligtinge na te kom, wat meer is as in ander lande in die streek.
Die geprojekteerde inkomste uit belasting in hierdie boekjaar word op N$53, 18 miljard gestel. Dit is 33% van die bruto binnelandse produk (BBP)
Altesaam 26% daarvan sal van BTW-betalings kom, 36% van inkomstebelasting-betalings en 37%, of N$19,6 miljard, van doeane- en aksynsbelasting.
Die totale begroting vir die jaar is N$62,5 miljard, of 36,6% van die BBP. Dit beteken die begrotingstekort beloop 3,6%.
Mnr. Vetumbuavi Mungunda, uitvoerende hoof van Standard Bank Namibia, het in sy voorlegging op die omvang van die verdedigingsbegroting gewys en gesê daar is ewe veel onderwysers as soldate in die land.
N$5,7 miljard gaan in dié boekjaar aan verdediging bestee word. Dit is die derde grootste begrotingspos (onderwys en gesondheid is eerste en tweede).
Staatsondernemings
Een van die vrae uit die gehoor aan Schlettwein het oor die las van die groot getal ondernemings in staatsbesit (SOE's) op die fiskus gehandel, en waarom die staat dit nodig ag dat daar soveel moet wees.
N$4,6 miljard sal in hierdie boekjaar aan SOE's oorbetaal word.
Schlettwein het gesê ná 26 jaar van onafhanklikheid bly die werkloosheid hoog (tussen 25 en 29%).
Hy sê daarom is staatsingryping in die ekonomie nodig. “Ons kon daarin slaag om die ekonomie te laat groei, maar die private sektor kon nie werkloosheid verminder nie.”
Mungunda het in antwoord op dié vraag gesê dit is nodig dat die staat nadink oor hoe hy in die ekonomie betrokke wil wees en besluit watter van die SOE's verleen sleutelfunksies ten opsigte van infrastruktuur en basiese dienste, en watter nie.
Mnr. Renier van Rooyen, hoof van die korporatiewe advisering- en hervormingseenheid (Caru) in die ministerie van staatsondernemings, het in 'n video-onderhoud wat tydens die dinee uitgesaai is, gesê dit is belangrik dat ekonomiese beginsels geld.
“Die rede waarom SOE's gestig is, is om meer doeltreffend en ekonomies lewensvatbaar te wees. Daarom moet ons ekonomiese beginsels toepas, of ons nou die staat is of nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie