Verdienste uit toerisme styg met 3,1 persent
Egipte se inkomste uit toerisme het in die eerste helfte van 2015 met 3,1 persent gestyg in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar, het die minister van toerisme aangekondig.
Die verdienste tot dusver vanjaar was US$3,3 miljard teenoor die US$3,2 miljard in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar. Die aantal toeriste wat die land besoek het, het met 8,2 persent toegeneem.
Die toerismesektor het slae gekry sedert die opstand wat die outokraat, oudpres. Hosni Mubarak, in 2011 omvergewerp het.-Nampa/Reuters
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie