Verdagtes oorrompel veewagter
Verdagtes oorrompel veewagter

Verdagtes oorrompel veewagter

Tanja Bause
Twee onbekende mans het Vrydag omstreeks 19:00 by die plaas Tsoabis in die Otjimbingwe-distrik ’n veewagter met toue vasgebind. Hulle het sy selfoonkaart uit sy selfoon gehaal en vernietig. Hulle het ook na bewering 17 skape en bokke in die kraal doodgemaak. Die waarde van die diere is nog nie vasgestel nie en niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

Saterdag het ’n verdagte glo op die plaas Palafontein in die Outjo-distrik een skaap ter waarde van N$800 in die kraal geslag. Na bewering het dieselfde verdagte ook twee honde ter waarde van N$2 000 van dié plaas gesteel. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Kommentaar

Republikein 2026-06-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer