Verdagte ietermago-smokkelaars in hof
Otis Finck
Landdros Vicky Nicolaidis het die saak teen mnre. Yuefei Shen en Stanislaus Limwaya vir die besit van ''n bedreigde spesie tot 20 Februarie 2017 vir verdere ondersoek uitgestel.
Die twee beskuldigdes is in Oktober op Walvisbaai met drie lewende ietermago''s in hul besit gevind en is in hegtenis geneem nadat die polisie ''n wenk ontvang het.
Volgens ''n betroubare bron is een van die beskuldigdes blykbaar gehuur om die diere namens twee ander mans van Gobabis af te vervoer.
Die beskuldigdes het hul eerste verskyning op 2 November voor landdros John Sindano gemaak. Aanklaer Faith Nyaungwa het nie borgtog teengestaan nie en die hof ingelig dat die beskuldigdes tussen N$150 en N$250 beboet kon word as hulle skuldig bevind word.
Sindano het borgtog van N$3 000 elk toegestaan en die saak tot 29 November 2016 uitgestel. Die beskuldiges het betaal en is op borgtog vrygelaat.
Ietermago''s is ''n beskermde spesie in Namibië. Dit is onwettig om dié diere te vang, dood te maak of in besit van die dier of sy huid te wees. Dit is een van die spesies waarmee ter wêreld die meeste onwettig handel gedryf word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie