Verbyganger ontdek liggaam in rivier

25 November 2021 | Misdaad
Tanja Bause

’n Verbyganger het Dinsdag omstreeks 11:00 die oorskot van ’n man in die Arebbuschrivier tussen Grysblock en Luxury Hill in Katutura gevind.

“Ek gaan kuier elke dag by my ma en moet deur die rivier loop om by haar huis in Grysblock uit te kom. Ek het aan my regterkant iets in die water sien dryf. Met die eerste oogopslag, het ek gedink dit is ’n kartonboks en het nader geloop om ondersoek in te stel. Dit is toe dat ek besef dit is ’n mens wat daar dryf. Ek wou die polisie bel, maar ek het een van hulle voertuie in die straat sien afry en vir hulle gefluit om stil te hou,” het mnr. Jason Sauls gesê.

Volgens hom is daar altyd water in die rivier wat van ander dele van Katutura afkomstig is.

“Dit is vuil water wat van oral in die rivier afloop en op daardie plek is dit baie klipperig en die water sak nie vinnig weg nie.”

Die liggaam is later dieselfde dag deur familielede as mnr. Nakanyala Kalitheni (28) geïdentifiseer.

Die streekbevelvoerder van die Namibiese polisie in die Khomasstreek, komm. Ismael Basson, het bevestig die man is reeds Vrydag as vermis aangemeld.

Die woordvoerder van die Namibiese polisie, hoofinsp. Elifas Kuwinga, het bevestig niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die moord op mnr. Erastus Lenga (58). Lenga se liggaam is op 16 November in ’n rioolgat in ’n rivierbedding tussen Namcol en die Primêre Skool Namibia ontdek. Munisipale werkers het die liggaam gevind nadat hulle ingeroep is om die rioolpyp reg te maak nadat 'n verstopping aangemeld is.

“Die ondersoek na die oorsaak van sy dood, is nog nie afgehandel nie,” het hy gesê. – [email protected]

Soortgelyk

 

Boggelrug rus teen die rotse

4 ure gelede | Omgewing

'n Boggelrugwalvis het gister laatmiddag by Langstrand Uitbreiding 1 tussen Swakopmund en Walvisbaai uitgespoel. Volgens 'n inwoner het die dooie walvis met laegety teen 'n...

Geen toetse vir ingeëntes

4 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Namibië het gister ’n reusetree gegee om in pas te kom met die nuwe wêreldneiging waar reise deur inentingstatus eerder as ’n...

Families getraumatiseer ná verkeerde liggaam begrawe word

4 ure gelede | Mense

Adam Hartman op Swakopmund – Twee families in rou is verder getraumatiseer nadat hul geliefdes se liggame per ongeluk omgeruil is – klaarblyklik by die...

Risikoskaal vir boere swaar gelaai

4 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Skerp stygings in insetkoste, ’n “ontploffing” in veediefstalle en onsekerheid oor of die reënval vanjaar voldoende sal wees vir goeie weiding, is...

Weer vir 14 Januarie

4 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm in die noordweste en die verre Weste, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met 'n...

NaTIS: Agterstand in leerlinglisensies

4 ure gelede | Vervoer

Kristien Kruger – Nuwe besprekings vir leerlinglisensies by NaTIS is tydelik opgeskort sodat die geweldige agterstand ingehaal kan word.Volgens die woordvoerder van die Paaieowerheid (RA),...

22 sterftes, 346 nuwe gevalle

14 ure gelede | Gesondheid

Die Covid-sterftes het met 22 tot 3 783 gestyg. Vyf hiervan was tuissterftes in die Oshikoto-streek. Nie een van die sterfgevalle was ingeënt nie. Gister...

Trusted Travel System geld vanaf Saterdag

17 ure gelede | Toerisme

Die Trusted Travel System vir die koördinering en verifiëring van Covid-19-uitslae in lande deel van die Afrika Unie (AU) geld vanaf Saterdag (15 Januarie) in...

Huidige Covid-19-regulasies bly in plek

18 ure gelede | Gesondheid

President Hage Geingob sê die huidige Covid-19-regulasies wat die afgelope maand in plek was, geld steeds tot 15 Februarie. Dit is die volgende: 'n maksimum...