Verbreek die stilte
Verbreek die stilte

Verbreek die stilte

Medscheme Namibia se kommer oor die uitwerking wat die voortgesette kringloop van geweld op inwoners van die land het, het die maat­skappy genoop om sy gewig agter die One Economy Foundation te gooi met 'n borgskap van N$150 000 om bewusmaking hieroor te skep.

“Voorvalle van geweld word dikwels weggesteek en nie aangemeld nie.

“Slagoffers vrees stigma en skande in hul families en gemeenskappe. Ons betrokkenheid by die projek is om gesprek oor geweld aan te moedig, wat tot verandering sal lei,” het Medscheme se hulpbronne­bestuurder, me. Bella Mbonga, gesê.

Kommentaar

Republikein 2025-07-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer