Verbod op visums vir Chinese tydelik
Henriette Lamprecht – ’n Verbod op die uitreik van visums deur die Namibiese ambassade in China aan dié land se burgers vir reise na Namibië is weens die nuwe 2019-coronavirus ingestel.
Volgens mnr. Etienne Maritz, uitvoerende direkteur van binnelandse sake en immigrasie, was dit nie ’n formele besluit van die ministerie nie.
“Dit is ’n tydelike maatreël wat deur die ambassadeur in China, mnr. Elia Kaaiyamo, geïmplementeer is. Amptelik is daar geen verbod op reise nie,” het Maritz gesê.
Volgens hom monitor die ministerie die uitbreking van die virus, sou die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) anders besluit.
Intussen berig Netwerk24 ’n rekordgetal van 108 mense het oornag aan die virus gesterf. Die amptelike dodetal in China staan tans op 1 016, terwyl 2 478 nuwe gevalle van mense met die virus aangemeld is.
Die nasionale gesondheidskommissie sê 42 638 mense in China het die virus reeds opgedoen, en luidens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) se amptelike syfers is 319 gevalle van die virus in 24 ander lande aangemeld.
Nog net twee sterfgevalle is buite China aangemeld ná die Filippyne en Hongkong bekend gemaak het hulle het elk ’n sterfgeval gehad.
In albei hierdie gevalle was die slagoffers Chinese burgers.
Met 99% van gevalle in China bly dit steeds ’n krisis vir die land, maar hou dit ook ’n ernstige bedreiging vir die res van die wêreld in.
Dít volgens die direkteur-generaal van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO), mnr. Tedros Ghebreyesus.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie