Verbod op mielie-uitvoere opgehef
Malawi
Malawi sal vanjaar plaaslike boere toelaat om mielie-uitvoere te hervat ná ‘n twee jaar-verbod op uitvoere en ‘n groter as verwagte 2017 mielie-oes, het die land se minister van handel, Joseph Mwanavekha, gister gesê.
"Die regering is besig om die verbod op uitvoere op te hef en het begin met die uitreiking van uitvoerlisensies aan handelaars wat bewys kan lewer dat hulle mielies vir uitvoer gekoop het van boere wat dit spesifiek vir uitvoer groei,” het Mwanavekha aan Reuters gesê. Hy het nie die presiese datum gegee van wanneer die verbod opgehef sal word nie.
Malawi het in Februarie gesê mielieproduksie het in 2017 met ‘n derde tot 3,2 miljoen ton gestyg. - Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie