Verbod op invoere van Noord-Korea geplaas
China
China se ministerie van handel het van vandag af ‘n verbod op verskeie invoere uit Noord-Korea, insluitende steenkool, ystererts, loodkonsentraat en seekos, geplaas.
Dit is in pas met die Verenigde Nasies (VN) se sankies teen Noord-Korea wat vroeër die maand aangekondig is.
Beijing het die verbod Maandag aangekondig. VN-sanksies moet binne 30 dae nadat ‘n resolusie aanvaar is, geïmplementeer word. Die resolusie is op 6 Augustus aanvaar.
Die Chinese regering sê enige vrag wat reeds uit Noord-Korea onderweg is na China, sal deur doeane en aksyns deurgelaat word, soos gewoonlik die gebruik voor die sperdatum van VN-sanksies is. - Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie