Venter-velletjies
OOM PEET VENTER SKRYF:
Doerie jare, so 1934 of 1935 se kant.
Ná byna 27 jaar moet Ouboet gaan – die plaas kan nie twee boere dra nie. En hy klim op sy perd: rugsak, bedrolletjie en miskien êrens ook ’n sakkie beskuit en biltong; ook die hangflessie met water.
Enige kwalifikasies of verwysings, Peet? Plaasskool standard 3 en ja, hy ken karakoele.
Die ongenaakbare houding van velletjiekopers, as dit kom by veral sortering en prys, was al hoeka vir baie boere ’n steen des aanstoots. Dit was ’n harde leerskool en hy het hom voorgeneem om hierdie geslote bedryf binne te dring. Beggars can’t always be choosers.
Té lank lê hy snags en stoei oor die afgekeurde pelsies wat nie verkoop nie. Hulle is iéts werd!
En toe droom hy van die nagswartpelsie in sy hande, omgewe in ’n sagte goue glans. Sowaar, dit is nie net ’n paar pennies wat hy hier vashou nie. Hy spoel die velletjie weereens ekstra skoon en stryk dit kreukelvry oor ’n raam. Hy raak bewus van ’n roskam in sy hand. Néé toggie, dit is mos sy tandeborsel?
Daarmee streel hy sagkens oor die syerige, swart golwings onder sy vingers. Skielik verander die bewegings in spontane warrelwinde wat speels oor ’n donker, dorre landskap dans. Hierdie vergange, Persiese ritme is wild en woes en vry en moet getem word.
Soos ’n heks op haar besem, bestyg hy die tandeborsel en galop saam met die dwarrels in ’n ewige Namibwals – om en om en om.
Die droom het nie teen dagbreek vervaag nie. Onvermoeid word die uitskotvelletjies met liefde in water geweek, gespalk en die weerbarstige krulle met ’n borseltjie tot sagte volmaaktheid getem en gestreel.
Niemand anders op die plaas was bewus van hierdie pakkie spesiale pelse nie.
’n Week later staan die Jood van Unique Furs en blaai deur die velletjies - woordeloos. Elke hemelse droompelsie pak hy versigtig op mekaar, apart van die ander.
“Van waar, mister Venter?” verbreek hy die stilte.
”Natuurlik van die lammers se gatte afgetrek,” kom die antwoord.
“Unique! Fabulous!”
Pennies word ponde voor Peet se oë. Is dit maar net nog ’n droom? Die stywe rol note in sy hand praat egter ’n ander storie.
So het die ware verhaal van die Venter-velletjies ontstaan. Gegroei. En later getaan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie