Veldhospitaal verrys in rekordtyd
Die Namibiese private sektor het in twee weke N$14 miljoen geskenk om die kritieke suurstofnood te verlig, twee veldhospitale op te rig en mediese toerusting te koop.
Ronelle Rademeyer – Die veldhospitaal wat deur die Namibiese sakegemeenskap onder aanvoering van Namibia Breweries Limited (NBL) langs die Windhoek Sentrale Hospitaal opgerig word, sal op 18 Julie gereed wees vir Covid-pasiënte.
Verder is “hope” stukkende hospitaalbeddens wat staatshospitale nie meer gebruik nie, na ’n werkswinkel van Hangala Construction in Windhoek geneem om herstel te word.
Mnr. Alfred Nederlof, besturende direkteur van dié onderneming in die Hangala-groep, sê minstens 58 beddens is klaar herstel en so goed soos nuut.
NBL het N$1,8 miljoen beskikbaar gestel vir dié veldhospitaal van 1 500 vierkante meter. Bouwerk aan die 70 bed-hospitaal het op 29 Junie begin.
Mnr. Bisey Uirab, president van die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid (NCCI) ,het gistermiddag tydens ’n virtuele nuuskonferensie terugvoering gegee oor wat die sakewêreld die afgelope twee weke vermag het nadat die private sektor ’n Covid-19-koalisie gestig het om die kritieke nood aan hospitaalbeddens, suurstof en ander mediese voorrade te verlig.
Die koalisie het op sy beurt ’n reaksiekomitee saamgestel om seker te maak die planne word uitgevoer.
Hierbenewens was die komitee se taak ook om bewusmaking te skep vir die belangrikheid daarvan dat Namibiërs hulle teen die virus laat inent.
Covid-19 is die mees dodelike vyand wat ons as nasie tot dusver moes trotseer,” sê Uirab.
’n Veldhospitaal van dieselfde grootte word ook langs die staatshospitaal op Oshakati opgerig, sê hy. Dit sal na verwagting vroeg in Augustus gereed wees om pasiënte te ontvang.
NBL se besturende direkteur, mnr. Marco Wenk, het vroeër gesê Namibië beleef ‘n kritieke tyd as gevolg van die beduidende en kommerwekkende toename in die getal positiewe Covid-gevalle die afgelope maand.
“Hospitale landswyd het nie meer voldoende kapasiteit nie en staar tans buitengewone uitdagings in terme van 'n tekort aan toerusting, medikasie en veral hospitaalbeddens in die gesig.”
Die veldhospitale se struktuur is sodanig dat dit in ‘n tweede fase uitgebrei en vergroot kan word.
Die Ohlthaver & List-groep het ook ’n verdere N$ miljoen geskenk wat genoeg is om 63 ton suurstof in grootmaat aan te koop. Verskeie ander groot maatskappye het saam ook meer as N$7 miljoen hiervoor bygedra.
Volgens Uirab word die aankoop en verskaffing van mediese suurstof deur die private sektor deur mnr. Mark Dawe, besturende direkteur van B2Gold, gekoördineer. Maatreëls is geskep om burokratiese en ander logistieke rompslomp uit te skakel.
Volgens Uirab is ‘n totaal van N$14 miljoen sover deur die private sektor geskenk – meer as N$8 miljoen vir suurstof en digby N$5 miljoen vir die veldhospitale en mediese toerusting.
– [email protected]
FOTO’s
Die veldhospitaal langs die Windhoek sentrale hospitaal sal op 18 Julie voltooi wees. Die sakewêreld het ingespring en Namibia Breweries lei dié veldhospitaalprojek wat 70 Covid-pasiënte sal kan huisves. Foto's verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie