Veldbrande verwoes 13 000 ha by Hochfeld

Die Hochfeld-omgewing moes die afgelope drie weke talle veldbrande trotseer, terwyl dit ook by Grootfontein en in die Otavi-omgewing gebrand het.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh



Altesaam sowat 13 000 hektaar het oor die afgelope drie weke in die Hochfeld-omgewing afgebrand, met die laaste 3 000 hektaar wat Son­dagmiddag verswelg is.

Me. Saartjie Müller sê Sondag se brand het omstreeks 12:00 begin, maar anders as die vorige kere kon kolebrandery dit nie dié keer veroorsaak het nie. Die oorsaak is nog onbekend, het sy gesê.

Dit volg nadat 'n brand in die omgewing ook verlede Woensdag op die plaas Maitland ontstaan en tot Donderdag voortgeduur het, waarna dit na nog vier ander plase in die omgewing versprei het.

“In dié tyd het die wind skielik gedraai en 'n klomp vuurslaners het in die moeilikheid beland. Vyf mense is na dese in die hospitale op Okahandja en in Windhoek,” het Müller gesê.

Sy sê sowat drie weke gelede het 'n brand ook op die plaas Spuitfontein begin en na die plaas Sterkfontein versprei.

Dit het glo verlede Vrydag ook op drie plase in die Grootfontein-omgewing gebrand, waartydens lede uit die gemeenskap asook die weermag gehelp het om die vuur te blus.

Twee dae tevore (laas Donderdag) was daar ook 'n veldbrand op plase 45 km tot 50 km buite Outjo op die Otavi-pad.

Dit volg nadat 31 352 ha of altesaam 14 plase sowat twee weke gelede in die Otjiwarongo-omgewing afgebrand het.



GEHOORSAAM MAATREËLS

Die Namibiese Houtskoolvereniging (NCA) het onlangs opnuut sy lede vermaan om aan die streng maatreëls vir die verbranding van houtskool te voldoen.

“Die belangrikste reëls sluit in dat die verbranding van houtskool, veral tydens die brandseisoen, in groeperings moet plaasvind en daar 24 uur per dag en sewe dae 'n week toesig oor die kilns gehou word,” het die NCA op sy Facebook-blad gesê.

“Geen kiln moet alleen in die veld gelaat word nie en kilns moenie brand terwyl sterk winde waai nie.

“Ons doen 'n beroep op boere om te verseker die reëls word gevolg en dat die verontagsaming hiervan by die NCA aangemeld word. Dit sal dan aan die bosboudepartement deurgegee word wat oes­permitte kan terugtrek.”

Die vermaning volg nadat nuwe maat­reëls deur die direktoraat van bosbou vandeesmaand aangekondig is om die risiko van veldbrande te verlaag wat deur hout­skoolproduksie veroorsaak word.

Hierdie maatreëls, wat onmiddellik in werking getree het, sal jaarliks van 1 Augustus tot 31 Desember geld. Hiervolgens is dit verpligtend om hout­skooloonde in groepe saam te brand. Enkeloonde wat verspreid deur die veld brand, word gedurende hierdie periode verbied.

Verder sal 'n plaas waarop houtskool geproduseer word, 'n brandstrook van 15 m breed op die grense aan die einde van elke reënseisoen moet aanbring. 'n Area binne ten minste 'n 5 meter-radius moet ook skoongemaak word rondom die oonde wat saam gegroepeer is voordat hulle aan die brand gesteek word.

Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het houtskoolprodusente dringend versoek om hierdie nuwe maatreëls ten volle toe te pas ten einde die risiko van onbeheerde veldbrande, wat jaarliks groot skade aanrig, tot die minimum te beperk.

Bosbou-amptenare mag plase inspekteer waar houtskool geproduseer word om seker te maak hierdie nuwe maatreëls word toegepas. Plase wat nie hieraan voldoen nie, se oes- en bemarkingspermitte kan summier opgeskort word.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.08 | EUR to NAD 19.81 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.28 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.56/OZ UP +0.41% | Copper US$ 4.90/lb UP +1.27% | Zinc US$ 2 979.50/T UP 0.05% | Brent Crude Oil US$ 83.45/BBP DOWN -0.0039 | Platinum US$ 1 054.66/OZ DOWN -0.0066 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.08 | EUR to NAD 19.81 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.28 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.56/OZ UP +0.41% | Copper US$ 4.90/lb UP +1.27% | Zinc US$ 2 979.50/T UP 0.05% | Brent Crude Oil US$ 83.45/BBP DOWN -0.0039 | Platinum US$ 1 054.66/OZ DOWN -0.0066