Vegterseuntjie benodig dringende operasie

Spesiale sorg, pypie in die maag

14 September 2020 | Gesondheid
Henriette Lamprecht – ’n Sewe maande oue babaseuntjie wie se slukderm nie met sy maag verbind is nie en voltydse sorg nodig het, moet dringend vandeesmaand vir ’n noodsaaklike operasie in Duitsland gaan.

Fondse hiervoor word nou deur die Okanti Foundation ingesamel wat ook aan die stuur van die #GetUsHome-veldtog staan.

Baba Max Warrior is sedert sy geboorte op 4 Februarie vanjaar ’n vegter, sê sy ma Helena Mwafongwe.

Volgens Helena het sy op 20 weke van haar swangerskap vir ’n roetineskandering gegaan, waartydens haar baba se maagborrel (stomach bubble) nie op die sonar sigbaar was nie.

“Die sonograaf wou dit nie verder bespreek nie en ek het onder ‘afwesige maag’ gaan soek en op verskillende afwykings afgekom,” vertel sy.

Helena het ook polihidramnios, ’n oormaat vrugwater, gehad. Sy is vir ’n tweede en derde opinie wat almal bevestig het haar baba sou sonder ’n slukderm gebore word. Die oormaat vrugwater het veroorsaak dat sy voortydig in kraam gegaan het en baba Max Warrior is ses weke te vroeg met esofageale atresia gebore. Laasgenoemde is ’n lewensbedreigende toestand sou dit nie behandel word nie.

“Die slukderm is nie met die maag verbind nie, wat beteken ’n baba soos in die geval van Max kan nie eet nie. Hy kan ook nie sy slym sluk nie, wat veroorsaak dat hy verstik,” verduidelik Helena.

Gewoonlik ondergaan babas met dié toestand kort na hul geboorte chirurgie om die slukderm met die maag te verbind.

“In Max se geval was die gaping 6 cm en kon dit nie toe herstel word nie.”

Die eerste van vyf chirurgiese prosedures wat hy tot op hede ondergaan het, was om ’n voedingsbuis in sy maag te plaas. Op vier maande het hy chirurgie ondergaan om sy slukderm met sy maag te verbind, maar dit was egter onsuksesvol.

Die hoop is nou op ’n operasie in Duitsland wat die verbinding sal herstel.

“’n Suksesvolle operasie sal beteken Max sal in staat wees om te kan eet.”

Met die aanvang van die Covid-19-pandemie en die gepaardgaande inperking en sluit van die land se grense, was baba Max in die intensiewesorgeenheid.

“Toe ons hom later vir die operasie uit die land wou neem, was die grense gesluit en ons moes wag tot dit heropen. Nou kan ons hom uiteindelik in Duitsland kry.”

Volgens me. Michaela Tietz, stigter van die Okanti Foundation, help die stigting om geld vir Max se reis en verblyf saam met Helena en sy vyfjarige broer Paul in Duitsland in te samel. Die gesin staar tuis reuse- mediese rekeninge in die gesig. Danksy ’n suksesvolle aansoek vir ex gratia sal hul mediese fonds hopelik die meeste van die koste verbonde aan Max se behandelings sedert sy geboorte dek.

Die Okanti Foundation het ook oorbruggingsfinansiering van N$20 000 verskaf wat tot dusver verhoed het mediese rekeninge word weens die trae mediese fonds-proses aan prokureurs oorhandig, het Michaela gesê.

Volgens Michaela moet Max teen die einde van September in Duitsland wees.

“Die span spesialiste in Duitsland het Helena aangeraai om so gou as moontlik ná die inperking te kom. Vliegkaartjies vir Helena, Max en Paul, reisversekering en ook drie maande se verblyf word op ten minste N$70 000 beraam,” het sy gesê.

Skenkings kan in die stigting se rekening met die volgende besonderhede inbetaal word: Daniela Medical Trust, Nedbank, takkode 461609, rekeningnommer 11010022195 (tjek).

Vir navrae kan Michaela by 081 127 8544 en Helena by 081 208 8787 of [email protected] gekontak word.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Net 19 nuwe Covid-19-gevalle

7 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê uit 967 weefselmonsters wat getoets is, het 19 positief vir Covid-19 getoets. Hiervan is...

Min kans vir vlieg na SA

22 ure gelede | Toerisme

Ronelle Rademeyer - Hoewel Suid-Afrika Donderdag sy grense vir besoekers uit goedgekeurde lande, waaronder Namibië, heropen, moet Namibiërs vir eers verlief neem met die feit...

Remaining powerful through education

22 ure gelede | Mense

Ester Kamati With a key interest in space science and the history of science, watching videos on these topics is Hosea Hashili’s favourite pastime. Hasili...

Weer, Dinsdag 29 September 2020

22 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm, maar baie warm in die Noorde. Enkele wolke sal na verwagting oor die Zambezistreek voorkom.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Vroeggebore tweeling sterk goed aan

22 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Twee maande nadat hulle te vroeg op 27 weke in die Lady Pohamba Private Hospitaal in Windhoek gebore is, kan die ouers...

Nuwe Fenata-voorsitter vanuit ontluikende toerismebedryf

22 ure gelede | Toerisme

Francoise Steynberg - Geskiedenis is gemaak toe die nuwe voorsitter van die Namibiese Toerismevereniging (Fenata), me. Netumbo Nashandi, vir die eerste keer uit die geledere...

Onopgeloste verdwynings, moorde stapel op

22 ure gelede | Misdaad

Ellanie Smit – Terwyl die familie van die 22-jarige me. Shannon Darlikie Wasserfall met die trauma van haar verdwyning ses maande gelede worstel, dreig die...

One ­Africa TV ­partners with NMH

22 ure gelede | Onderwys

Distributed through Namibia Media Holdings' (NMH) youth brand, My Zone, the newly added grade zero to seven lessons form part of a ­collaboration with the...

A look at National Readathon, Heritage Week

22 ure gelede | Onderwys

Enzo AmueleThe National Readathon and Heritage Week, which were launched by the minister of education, arts and culture Ester Nghipondoka, took place last week.The Readathon...