Vegspeletjie ’n nasionale uitdaging
Inskrywings vir die aanlyn skouspel sluit vandag.
Die Namibiese Elektroniese Sportvereniging (NESA) is gereed om komende Sondag sy nasionale keuringstoernooi in die vegspeletjie Defence of the Ancients 2 (DotA2) vir enige belangstellende e-spelers of NESA-lede aan te bied.
“Gegewe die huidige wêreldwye landskap vir sport weens Covid-19 nooi ons spelers en spanne om uit die gerief van hul wonings aan vanjaar se aanlyn toernooi deel te neem. Dit is belangrik om mense steeds te motiveer om ’n veilige afstand tussen mekaar te handhaaf,” sê NESA.
Registrasie vir die kompetisie word bydie NESA se kuberkantoor by www.esportsnamibia.org gedoen, maar potensiële spelers moet wikkel, want die sluitingsdatum is vandag stiptelik om 17:00. Inskrywings beloop N$50 vir geregistreerde NESA-lede wie se ledegeld ten volle opbetaal is. NESA se ledegeld is N$250 per jaar en belangstellendes kan op die webtuiste registreer en betaal. Die inskrywingsgeld vir nie-lede is N$100 om op die DotA2-titel aanspraak te maak.
Spanne wat wil kompeteer, moet seker maak dat al die spanlede geregistreerde en ten volle betaalde NESA-lede is alvorens hulle Sondag toegelaat sal word om aan die aanlyntoernooi deel te neem.
NASIONALE SPAN GEKIES
Belangstellendes moet hulself daarvan vergewis dat net Namibiese burgers wat NESA-lede is, vir die nasionale e-sportspan gekies kan word. Om die sportkode in Namibië te ondersteun en te ontwikkel, is nie-Namibiërs ook meer as welkom om vir NESA-lidmaatskap aansoek te doen.
Professionele e-sport word in Namibië ontwikkel en NESA ontsien geen moeite nie om te verseker dat geleenthede vir Namibiese e-sportatlete geskep word om internasionaal deel te kan neem.
NESA het die afgelope paar jaar sedert 2017 sy room gekies om by die Internasionale e-Sportfederasie (IESF) se wêreldkampioenskap kragte te meet. Verlede jaar het die wêreld se elite vanaf 11 tot 15 Desember in Seoel, Suid-Korea, mekaar by die elfde wêreldkampioenskap gepak.
Die nasionale beheerliggaam sê vanjaar sal geensins anders wees nie, want NESA doen alles in sy vermoë om ’n Namibiese e-sportspan dieselfde geleentheid as die vorige drie jaar te gun.
Vanjaar se IESF e-Sportwêreldkampioenskap vind vanaf 15 tot 20 November in Eilat, Israel, plaas. NESA sê bykomende internasionale aanlynwedstryde sal vir sy nasionale span gereël word om hulle vir die wêreldkampioenskap te slyp.
Afgesien dat Namibiese spelers Sondag vir hul vaardigheid en prestasie vir die nasionale span gekeur sal word, kan kontantpryse ook opgeraap word.
Vir meer inligting rakende NESA se 2020 nasionale toernooie kan hul Facebook-blad by @Nesa.Namibia of hul webkantoor by www.esportsnamibia.org besoek word.
Neem asseblief kennis dat alle NESA-kompetisies en toernooie onderhewig aan hul nuwe Covid-19-beleid is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie