Veghond-hofdrama verdiep
Veghond-hofdrama verdiep

Veghond-hofdrama verdiep

Die klag van poging tot moord wat aanvanklik teen die vier beskuldigdes gebring is, is verminder tot aanranding met die doel om ernstig te beseer en ontvoering.
Leandrea Louw
Leandrea Louw - 'n Voormalige ondersoekbeampte van die Walvisbaaise Dierebeskermingsvereniging (DBV), mnr. Peter Brooks (26), het die geldigheid van beweringe deur 'n kind bevraagteken wat glo deur 'n veghond gebyt is tydens 'n beweerde ontvoerings- en aanrandingsdrama vier jaar gelede op ­Walvisbaai.

Brooks het na foto's gekyk wat as bewysstukke in die hof ingedien is in 'n saak waarin vier beskuldigdes, mnr. Logan Pretorius (29), sy verloofde, me. Sandra Riobo (22), en mnre. Curven Vries (25) en Ashley Januarie (24), en drie minderjariges betrokke is.

Brooks het getuig volgens sy ervaring en kundigheid van bytmerke van veghonde, lyk die beserings soos skraapmerke en nie soos hondbytmerke nie.

“Daar sou vier bytmerke van 'n hond wees, maar ek sien net twee. Ek kan nie bevestig dit is 'n hondbyt nie,” het hy Dinsdag in die streekshof op Swakopmund gesê.

Die saak is tot 23 Mei uitgestel vir die staat om Brooks se kundigheid te hersien en bewyse van sy getuigskrifte te bekom.

Brooks, wat tans 'n veeartsenykundige verpleër is, sê niemand praat oor die hond wat gevrek het nie.

“Ek weet ek is veronderstel om onpartydig te wees, maar 'n sewe maande oue hondjie het 'n wrede dood gesterf.”

Die klag van poging tot moord wat aanvank­lik teen die vier beskuldigdes gebring is, is verminder tot aanranding met die doel om ernstig te beseer en ontvoering. Die klag van rassediskriminasie het weggeval nadat die staat dit nie kon bewys nie.

Die beskuldigdes het na bewering vir mnre. Carlo Mukuve, Levi Goroseb en Edward Goroseb, wat ten tyde van die voorval minderjariges was, verbaal en fisiek aangerand.

'n Hamer, 'n moersleutel van 17 duim, 'n graaf en honde is glo tydens die beweerde aanranding gebruik en die seuns is ook na bewering gedwing om Tabasco-sous en soutwater te drink. Die drie minderjariges het 'n hond van Pretorius glo vrekgemaak en probeer om nóg 'n hond te steel.



PRETORIUS GETUIG

Pretorius het Maandag in die Swakopmund-streekshof getuig hy het op 28 Augustus 2014 by sy huis aangekom en die klein hekkie oop gevind. Hy het gekyk of sy honde steeds in die erf is.

“Ek het gesien een van my honde is nie in die erf nie en my sewe maande oue veghond op 'n oop erf langs my huis gevind. Ek het hom huis toe gevat, probeer water gee, maar hy kon nie drink of asemhaal nie en het kort daarna gevrek.”

Volgens Pretorius het een van sy mede­beskuldigdes hom 'n paar uur later laat weet van die teenwoordigheid van drie seuns by die hekke wat na bewering probeer het om 'n wit veghond te steel.

Toe die seuns glo vir Pretorius gesien het, het hulle op hul fietse gevlug. Hy het glo agter hulle aangejaag, hulle gevang en in sy voertuig ingebondel.

“Ek het vir hulle gesê óf ons gaan polisie toe, óf ek bel hul ouers. Hulle het nie fone gehad nie en kon nie vir my hul ouers se nommers gee nie. Ek het besluit om hulle na my huis toe te neem om hulle te ondervra.”

Pretorius erken hy het vir Mukuve geklap. Die seuns het hom na bewering gesmeek om hulle nie na die polisie óf hul ouers te neem nie, maar eerder te “klap” en hulle te laat gaan.

Hy het ook getuig twee van die seuns het Mukuve tydens die ondervraging geslaan.

Mukuve se mond het gebloei en volgens ­Pretorius het hy aan Riobo gesê om ­soutwater te kry om die beseerde seun se mond uit te was. Edward Goroseb het na bewering die sout­water gevat en gedrink, maar dit uit­gespoeg voor hy begin opgooi het.

Vries het getuig toe hy en Pretorius die kinders in die voertuig gelaai het, “het dit gelyk of die kinders weet ons gaan hulle vrae oor die dooie hond vra”.

Vries het ontken hy en sy medebeskuldigde het die kinders gedwing om mekaar te slaan, asook dat Edward Goroseb sy broek vuil­gemaak en opgegooi het.

“Ek het gesien hoe hy water uitspoeg en daarna sy T-hemp uitgetrek het om dit skoon te maak.”

Vries het verder getuig Mukuve het Pretorius se huis sonder enige skraapmerke aan sy gesig verlaat, terwyl die mediese rekord wat aan die hof getoon is, aandui dat hy skraapmerke op sy gesig en kneusmerke aan sy ­tandvleise gehad het.

Hy het ook gesê hy het nie in Pretorius se belang opgetree deur die kinders te vang en hulle na Pretorius se garage te neem nie, maar dat hy hom bloot vergesel het om uit te vind wat met die hond gebeur het.

“Ek was lief vir die hond asof hy my eie was. Ek weet dit was hulle wat die hond vrekgemaak het deur hom met 'n tou te verwurg.”

Landdros Gaynor Paulton was op die bank en me. Faith Chipepera-Nyaungwa het vir die staat verskyn.

Mnr. Boris Isaacks verteenwoordig die ­beskuldigdes.

Kommentaar

Republikein 2024-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.89 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.63 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.13 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.63 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 302.52/OZ UP +0.48% | Copper US$ 4.47/lb DOWN -0.0083 | Zinc US$ 2 919.30/T UP 1.56% | Brent Crude Oil US$ 84.12/BBP DOWN -0.0297 | Platinum US$ 952.36/OZ UP +1.88% Sport results: LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.89 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.63 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.13 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.63 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 302.52/OZ UP +0.48% | Copper US$ 4.47/lb DOWN -0.0083 | Zinc US$ 2 919.30/T UP 1.56% | Brent Crude Oil US$ 84.12/BBP DOWN -0.0297 | Platinum US$ 952.36/OZ UP +1.88%