Veggees vereis voor WHS jaar onoorwonne sluit

Die gewese nasionale afrigter is opgewonde oor die potensiaal wat die afgelope liga opgelewer het.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Al kry dit nie aldag erkenning nie, is die talent van Namibië se netbal op skolevlak kerngesond en die mededingende vlak van laas naweek se Coca-Cola nasionale ligafinale is presies wat 'n mens wil hê.

Só sê Sunette Burden, afrigter van Auas Motors Windhoek Hoërskool se eerste span wat die o.19-liga met 'n enkele punt in 'n dramatiese eindstryd teen PSG Windhoek Gimnasium gewen het.

Met twee minute oor was die ligbloues nog met drie punte agter, maar volgens Burden het die spelers besondere volwassenheid gewys om hul fokus te behou en met 25-24 die knoop deur te haak.

“Om so 'n agterstand een doel op 'n slag uit te wis, is nie maklik nie. Onder geweldige druk met soveel mense rondom die baan wat skree, het hulle in die laaste sekondes kopgehou en karakter gewys,” sê sy.

Burden is vol lof vir die harde werk wat haar spelers ingesteek het om hul ganse seisoen onoorwonne af te sluit. Volgens sommige waarnemers het geen WHS-netbalspan in die laaste 15 jaar dit reggekry om in een seisoen elke wedstryd te wen nie.

Dit het vroeg vanjaar 'n toer na die Wes-Kaap ingesluit waar hulle onder meer die Meisieskool Bloemhof, Hoër­skool Stellenbosch en Hoër­skool Bellville geklop het.

Nadat die WHS-span 'n week gelede die Bank Windhoek Superliga (waaraan net die land se topskole in elke ouderdomsgroep op uitnodiging deelneem) se o.19-eindstryd met vyf punte teen Windhoek Gimnasium gewen het, het dieselfde twee spanne mekaar Saterdag weer in die nasionale finaal ontmoet.

Gimnasium moes reeds in die vorige vier ontmoetings vanjaar tweede viool speel – insluitend 'n pynlike loesing in die interhoër op hul tuisbaan met 45-25.

Hierdie keer het afrigter Imelda Basson se span in rooi en swart egter gewys dat hulle intussen hul huiswerk gedoen het en veral die finale afronding van die doelgooiers was veel meer akkuraat. Die Gimmies was ook deurgaans gevaarlik op die teenaanval, met hul spelers sonder die bal wat flink in die spasies beweeg het om die volgende aangee te vat.

Burden sê op sosiale media was dit bevredigend om te sien dat mense die spelers vir hul goeie spel en prestasies geprys het.

“Min mense het ons in die begin van die jaar 'n kans gegee. Vir 'n staatskool wat dikwels met die minimum moet klaarkom, is dit goeie beloning vir die harde werk wat die spelers ingesit het om deurlopend fenomenale netbal te speel en hul droom 'n werklikheid te maak.

“Ons weet mos dat netbal maar altyd onder die radar beweeg en dat al die aandag gewoonlik op rugby is.”

Beide WHS en Gimnasium – die twee toonaangewende o.19-spanne in 2017 – sal volgende jaar vyf eerstespanspelers moet vervang wat vanjaar in matriek is. “Dit was rêrig twee oulike spanne wat vanjaar baie uit hul onderlinge kompetisie geleer het. Ek is trots op altwee spanne wat so 'n opwindende finaal gelewer het.”

As 'n ervare gewese nasionale speler wat ook vir drie jaar die senior nasionale span afgerig het, is Burden positief oor die toekoms van Namibiese netbal.

Sedert verlede jaar is sy ook vir drie seisoene aangestel om die Namibiese o.19-span vir die Streek 5-toernooie voor te berei. Die tweejaarlikse toernooi hervat volgende jaar.

“Ons hou dus reeds van o.15-vlak af ons oë oop om spelers vir die Namibiese span te identifiseer.

“Dit was jammer dat vanjaar geen o.19-proewe gespeel is nie omdat daar nie geld was nie, maar ver­skeie mense in netbal werk hard om te verseker dat die regte trappe vir spelers na die senior nasionale span bestaan.

“Dit is belangrik dat spelers sodra hulle skool verlaat, nie ophou netbal speel nie en dat daar genoeg aktiewe klubs is om vir diegene opsies te gee wat nie in die buiteland verder gaan studeer nie.

“Die borgskap van Debmarine aan Netbal Namibië vir die volgende drie jaar skep ook geleenthede om dinge vorentoe te vat.”



UITSLAE

Met spanne in die finaal van elke ouderdomsgroep het Windhoek Gimnasium gewys dat hy 'n prominente figuur in skolenetbal is.

Gimmies het beide die laerskool-afdelings ingepalm en hul o.15's het ook die trofee omhoog gehou.

Die onderskeie ligas het soos volg geëindig:

O.12-finaal: Windhoek Gimnasium klop Pro-Ed Akademie met 18-14. Bronsmedalje: Windhoek Afrikaanse Privaatskool.

O.13-finaal: Windhoek Gimnasium klop Windhoek Afrikaanse Privaatskool met 28-14. Bronsmedalje: Primêre Skool Wilhelm Nortier.

O.15-finaal: Windhoek Gimnasium klop Elnatan met 23-15. Bronsmedalje: Windhoek Afrikaanse Privaatskool.

O.17-finaal: Walvisbaai Privaat Hoërskool klop Windhoek Gimnasium met 35-31. Bronsmedalje: Tsumeb Gimnasium.

O.19-finaal: WHS klop Windhoek Gimnasium met 25-24. Bronsmedalje: Elnatan.

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%