Veertien sterftes, 53 nuwe gevalle
Veertien sterftes, 53 nuwe gevalle

Veertien sterftes, 53 nuwe gevalle

Henriette Lamprecht
Die Covid-sterftes styg met 14 tot 3 508. Drie sterftes is dié van kinders in die Katima Mulilo-distrik - een onder 'n jaar, een in die ouderdomsgroep een tot vier jaar en een in die ouderdomsgroep vyf tot nege jaar. Sewe was tuissterftes. Gister is 53 nuwe gevalle aangeteken, 'n positiewe koers van 4,5%. Dit sluit 22 leerlinge en een onderwyser in. Tans is daar 1 165 aktiewe gevalle waarvan 92 in die hospitaal en 12 in die ICU is. Tot op hede het 264 143 mense een dosis entstof ontvang, terwyl 180 362 volledig ingeënt is. Die herstelkoers is 96%.

Kommentaar

Republikein 2025-12-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer