Veerkrag van ‘Groot Vier’ dalk rede vir nydige oë
’n Gesamentlike wesensverdienste van R72,3 miljard, 8,4% beter as in 2015 en ’n opbrengs op ekwiteit (ROE) van 17,9% terwyl die makro-ekonomiese winde onplesierig waai, is dalk ’n deel van die rede hoekom daar nydige oë op Suid-Afrika se vier groot banke gerig is.
Die wekroep dat Barclays, FirstRand, Nedbank en Standard Bank “se monopolie op die finansiële sektor verbreek word”, het Dinsdag opgeklink in ’n openbare sitting in die Suid-Afrikaanse parlement oor die transformasie van die banksektor.
Die tydsberekening met die uitreiking van PwC se verslag oor die vertoning van die “Groot Vier” in 2016 op dieselfde dag as die verhoor, kon dus nie beter nie. En die titel, “Standvastig teen die winde van voor” nie minder gepas nie, al het PwC se ontleders Costa Natsas, Louwrens van Velden en Rivaan Roopnarain nie noodwendig op die winde van transformasie gefokus nie.
In die verslag word die resultate van die banke vir die jaar tot 31 Desember ontleed en gemeenskaplike tendense en kwessies geïdentifiseer waardeur die finansiëledienstesektor in die gesig gestaar word.
Johannes Grosskopf, finansiëlediensteleier van PwC Africa, sê in ’n oorsig van die neigings: “Hoewel die bedryfsomgewing vir die groot banke moeilik gebly het weens makro-ekonomiese onsekerheid, getuig hul saamgevoegde resultate vir dié tydperk van die kragdadigheid van die Suid-Afrikaanse banksektor en die veerkragtigheid van ons banke se vermoë om inkomste te genereer.”
Wêreldwyd en plaaslik reageer die bankbedryf volgens die ontleders op talle winde van voor: “Snel ontwikkelende finansiële en regulatoriese tegnologie, mededinging deur nietradisionele rolspelers, vooruitgang in groot data, wolkgebaseerde tegnologie, rekenaarintelligensie en voortdurende innovasie in die kernbedrywighede van banke, bied beduidende geleenthede.
“Banke gaan al hoe besiger raak. Bedryfsprioriteite sluit in die toepassing van ontluikende tegnologie om ou stelsels te vervang, ’n skerp fokus op kuber- en inligtingstegnologiese veerkragtigheid en die digitalisering van agtergrondbedrywighede. Terselfdertyd moet hulle verseker dat elektroniese kanale in pas bly met wat kliënte verwag,” sê Grosskopf.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie