Veels geluk, liewe . . . rand
Elvira Wood – Dit mag dalk vandag Valentynsdag wees, maar dit is ook die rand se verjaardag.
Die rand is vandag 58 jaar oud.
Dit lyk egter nie of die rand enige planne het om partytjie te hou nie.
Die geldeenheid het vroeg Donderdagoggend tot sy laagste vlak in meer as ’n maand gedaal toe hy deur die R14-vlak teenoor die dollar gebreek het.
Hy het teen R14,03 teenoor die dollar verhandel.
Luidens die Reserwebank se webwerf is die rand die eerste keer op 14 Februarie 1961 gebruik nadat die land voorheen die Britse pond as amptelike geldeenheid gebruik het.
Die rand se naam is afgelei van die Witwatersrand, waar die meeste van die land se goudneerslae is.
Die rand het in die eerste dekade van sy bestaan – tussen 1961 en laat 1971 – teen $1,40 teenoor die dollar verhandel.
Die waarde het daarna meer wisselvallig geword soos wat verskillende wisselkoersbedelings deur Suid-Afrikaanse owerhede in werking gestel is.
Met die jare het die rand teen die vroeë 1990’s tot sowat R3 teenoor die dollar verswak.
Verskeie ekonomiese faktore, soos die mynbousektor wat al swakker presteer het asook internasionale druk op ontluikende lande, het die geldeenheid verder laat verswak.
Die swakste vlak waarteen die rand tot nog toe teenoor die dollar verhandel het, was teen R16,78 op 15 Januarie 2016. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie