Veearts op wiele
Tanja Bause - Die Have-a-Heart-stigting se splinternuwe mobiele dierekliniek het in twee sterilisasieveldtogte 381 honde en katte gesteriliseer en gekastreer. Dié diere se eienaars het nie toegang tot veeartse nie.
Have-a-Heart se Lüderitz-span droom al lank van 'n mobiele kliniek vir troeteldiere wat dorpe en nedersettings kan besoek.
Die mobiele dierekliniek van Bains VetCareCC is met 'n volledige operasie-eenheid toegerus. Die kliniek het ook 'n skadunet, kragopwekker en opwasgeriewe. Dit beteken sterilisasies en kastrasies kan in enige area gedoen word.
Inwoners van veral informele nedersettings hoef nou nie meer ver afstande af te lê om by 'n kliniek of 'n veearts uit te kom nie. Die mobiele kliniek sal voortaan een week per maand rondreis en Have-a-Heart-dienste gratis aan inwoners verskaf.
In Desember het die kliniek Dordabis en Stinkwater besoek, waartydens dr. Ian Baines en dr. Maya Dahlberg binne drie dae 55 honde en 13 katte gesteriliseer het.
Troeteldiere is ook vir siektes, beserings en parasiete behandel. “'n Brandsiek hond is na die kliniek gebring. Dit word deur parasiete veroorsaak en maak dat die hond geweldig jeuk. Die hond het 'n seer, gekraakte vel en oop wonde gehad. Ons het die hond behandel en sal hom volgende keer steriliseer,” het Have-a-Heart in 'n mediaverklaring gesê.
Die mobiele kliniek het tot dusver al 272 honde en 41 katte in Uis, Usakos, Hentiesbaai, Khorixas en Kamanjab gesteriliseer. Die stigting sal voorts sterilisasiedae by Have-a-Heart se takke in Swakopmund, Karibib, Outjo, en by die dierebeskermingsvereniging (DBV) op Swakopmund aanbied.
Die mobiele kliniek het fondse van die Lafrenz Trust ontvang. Die trust betaal ook vir 60 Have-a-Heart-sterilisasies per maand.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie