Vee vrek glo weens wanvoeding
Ná ‘n maande lange stryd oor beweerde dieremishandeling het die DBV nou glo ‘n finale waarskuwing aan ‘n Seeis-boer uitgereik.
Elvira Hattingh - Windhoek se Dierebeskermingsvereniging (DBV) oorweeg om beslag op tientalle beeste en perde te lê, wat op 12,5 ha naby Seeis aangehou word en glo van die honger omkom.
Terselfdertyd loop die vee glo in die hoofpad en langs die treinspoor rond, en is verskeie van die beeste reeds deur lorries doodgestamp.
Dit volg nadat die DBV se inspekteur Woensdag besoek aan een van die 11 Bodenhausen-kleinhoewes afgelê het.
Die DBV het gesê die bure en die betrokke boer se werknemers is ook tydens die besoek ondervra.
Foto’s van die beeste, video’s van ‘n dooie perd, asook ‘n tweede verswakte perd wat op die grond lê en skop, is aan Republikein gestuur.
Getuies hiervan sê hulle kan die diere se lyding nie langer verdra nie.
Hulle is van mening Sinclair hou heeltemal te veel vee op die klein stukkie grond aan en wend geen poging aan om hulle te voer nie.
Daar is glo geen weiding op sy grond oor nie, terwyl naburige kleinhoewes wat hul weiding in stand hou, steeds genoeg gras het.
DBV STUUR EISBRIEF
Die DBV se uitvoerende hoof, mnr. Harald Fuelle, het Donderdag aan Republikein gesê hul regspan het ‘n eisbrief aan die boer geskryf, waarin hy die kans gegun word om genoegsame kos en mediese behandeling binne 24 uur aan die diere te verskaf.
Indien hy versium om dit te doen, sal dringende stappe gedoen word om die diere se welvaart te verseker, het Fuelle gesê.
“Hierdie is ‘n baie ernstige situasie en dringende ingryping is nodig,” het hy gesê.
“Ons oorweeg om beslag op die vee te lê en is dus dringend op soek na ‘n plek waarheen ons hulle kan verskuif. Terselfdertyd is ons ook op soek na voer vir die diere.
“Die DBV volg ook tans met die polisie op om seker te maak die saak word ondersoek,” het Fuelle gesê.
Hy sê dié omstandighede is vroeër vanjaar reeds by hulle aangemeld.
Die DBV het toe in Maart ‘n klag van dieremishandeling by die Hosea Kutako-polisiekantoor teen die boer gelê en ‘n waarskuwing is ook aan hom uitgereik.
“Diere se welstand is die DBV se belangrikste doelwit en ons sal alle opsies moontlik oorweeg om die menslike behandeling van dié diere te verseker,” het Fuelle gesê.
ANDER GETUIES
Ten spyte van verskeie pogings om die boer om kommentaar te nader, het hy in twee dae nie oproepe beantwoord nie.
Republikein het sy vennoot en verskeie bure om kommentaar genader, wat uit vrees vir sy reaksie nie wou reageer nie.
Daar is wel vasgestel dié boer besit een van die Bodenhausen-plotte, wat 27 km van Seeis langs die hoofpad geleë is, saam met ‘n vennoot, mnr. Muree Tjiueza.
Elk beskik oor 12,5 ha.
Hy besoek die plaas van tyd tot tyd, maar woon glo in Windhoek.
Getuies beweer hy het al meer as 70 stuks vee op die 12,5 ha aangehou. Die beeste en perde het glo alle beskikbare gras opgevreet en nou is daar net kaal grond oor. Die vee is al gesien waar hulle probeer om die bas van bome af te kou.
Die beeste en perde klim glo ook oor grensdrade om by weiding op ander kleinhoewes, langs die treinspoor en in die hoofpad, uit te kom.
Daar kom glo dadels van gesprekke met hom, en getuies sê hy raak aggressief wanneer hy in verband met die welsyn van sy diere genader word.
Hy het glo al belowe ‘n lorrievrag met voer is op pad, en hy sal van die vee verskuif, maar niks het hiervan gekom nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie