Vaughn wen vir Afrikaans
Lloyd Zandberg - Die plaaslike musikant en sanger Vaughn Ahrens was "oorweldig" toe hy sy eerste toekenning by Namibië Jaarlikse Toekennings (NAMAs) wen.
“Dit was ‘n skok, regtig. Ek was reeds ekstaties toe ek hoor ek is genomineer. Om daai lys te haal, was reeds vir my ‘n oorwinning. Ek het nie enigsins verwag om te wen nie. En teen alle verwagtinge gebeur dit. ”
Ahrens vertel die aankondiging van die wenner in die kategorie Beste Afrikaans was die eerste een wat op die groot aand gemaak is.
“Ek het gesit en luister hoe hulle die genomineerde kunstenaars in die kategorie se name lees en ons liedjies speel. Dis die groot name in die bedryf. Die feit dat my naam tussen hulle s'n verskyn, was reeds ‘n groot eer.”
Die oomblik toe sy wenliedjie, “Amen”, weer gespeel is, was “onwerklik” en Vaughn sê hy kon dit nie glo nie.
“Toe speel hulle my song weer. En toe is ek soos: Wag, ek ken daai song.”
Hy sê hy moes vir ‘n oomblik dink of dit werklik sy liedjie is.
“Dit was in daai oomblik dat ek my gesig op die skerms sien.”
“Amen” was Ahrens se eerste eie probeerslag in Afrikaans en “ek kon nie glo die publiek het dit so goed aanvaar nie".
“Op my album Songs for Wednesdays is daar ‘n paar Afrikaanse snitte wat ek met ander mense van die industrie gemaak het, maar ek het nie gedink ek sal ooit in diepte Afrikaanse musiek maak nie.”
Vaughn beskryf homself as ‘n Engelse musikant.
Die NAMAs, die toekenning en die algehele ervaring was oorweldigend, sê hy.
“Dis die tweede dat ek by die prysuitdeling betrokke is, maar vanjaar my eerste keer as ‘n genomineerde kunstenaar - ‘n wonderlike ervaring. ”
Vir die res van 2019 het Vaughn groot planne.
“Ek en my band gaan binnekort op ‘n Europese toer. Ons vertrek in November na Nederland en Duitsland.”
Vaughn spot dat die NAMA-prysgeldjies handig te pas gaan kom vir die oorsese reis.
“Die wisselkoers is nie heeltemal in ons guns nie, maar dis nie die einde van die wêreld nie. Ons het reeds ‘n paar venues in Duitsland geboek, en een in Nederland. Ons is tans nog op soek na nog venues in Nederland.”
Vaughn stel op 1 November ‘n deluxe weergawe van sy album Song for Wednesdays bekend.
“Dié album bestaan uit al die oorspronklike snitte, maar bevat ook materiaal wat nog nie vrygestal is nie en liedjies wat ek saam met ander kunstenaars opgeneem het.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie