Vat jou woef vir ’n pretstap

26 November 2021 | Gemeenskap
Yolanda Nel

In ’n poging om broodnodige geld vir die staatsveearts se praktyk op Okahandja in te samel, word ’n heerlike pretstap vir môre beplan.

Volgens die organiseerder Martie Horitzauer van die Okahandja Running Club bestaan daar al ’n geruime tyd ’n groot nood met diere wat bloot nie gehelp kan word nie, omdat geen medikasie en ander benodighede beskikbaar is om hulle te behandel nie.

“Ons hou daarom ’n pretstap wat voor Spar se parkeerterrein begin en almal is welkom,” sê sy.

Om aan die 5 km-staproete deel te neem, kos N$50 per persoon en N$50 per troeteldier. Registrasie begin om 06:30 en die pretstap om 07:00. Alle troeteldiere moet leibande aanhê.

“Ons hoop om die staatsveearts met opgraderings te kan help,” vertel Martie.

Sy is dankbaar vir Coral Paint wat reeds verf vir die projek geskenk het, sowel as Cando Farming wat met elektriese herstelwerk gehelp het.

Martie en haar span sal ook op 4 Desember ’n verfrissende pilates-klas aanbied. Dit kos N$150 per persoon en sluit ’n waterbottel en pilates-oefenprogram in. Alle fondse sal ook aan die veaarts oorhandig word. Die geleentheid vind vanaf 06:30 by die African Dreams-gastehuis plaas.

Skakel Martie by 081 783 9444 vir meer inligting of om betrokke te raak.

Soortgelyk

 

Covid-19: 20 sterftes, 151 nuwe gevalle

2 ure gelede | Gesondheid

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het twintig nuwe Covid-19-sterftes aangemeld, die meeste daarvan op Gobabis (13 sterftes), wat dié sterftesyfer op 3 884...

Hardap se sluise dalk vanaand getrek

4 ure gelede | Omgewing

Die Hardapdam kan dalk laat vanaand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sal getrek moet word. Die dam was om...

Botswana-weermag nie aanspreeklik vir sterftes

4 ure gelede | Howe

Landdros Taboka Mopipi het beslis dat Botswsana se weermag (BDF) nie aanspreeklik gehou kan word vir die sterftes van die Nchindo-broers en hul neef, wat...

Erkenning vir selfdegeslaghuwelikke afgekeur

5 ure gelede | Howe

Drie regters in die Windhoekse hoërhoof het ‘n aansoek van die hand gewys om selfdegeslaghuwelikke te erken tussen twee Namibiërs en hul buitelandse eggenotes. Hulle...

Vyf damme kry water

9 ure gelede | Omgewing

Teen gistermiddag om 14:50 het die Hardapdam nog sowat 289,3 m³ water per sekonde ingekry, terwyl nog drie ander nasionale damme sedert Maandag ‘n inloop...

Lelies begin Sondag blom

19 ure gelede | Omgewing

Belangstellendes kan Sondag weer die lelieskouspel op die plaas Sandhof naby Maltahöhe bewonder wanneer die blomme na verwagting in die kleipan sal begin blom. Die...

Nóg reën word voorspel

19 ure gelede | Weer

Henriette Lamprecht – Met die weerprofete wat nóg reën voorspel, is dit veral die suidelike en sentrale gedeeltes van Namibië wat juig oor hul reënmeters...

Oranje: Oorstromings ‘haas onafwendbaar’

19 ure gelede |

Ronelle Rademeyer – ’n Volgende vloedgolf is in die Benede-Oranjerivier op pad en oewerboere is volgens berigte in die Suid-Afrikaanse media gewaarsku oorstroming lyk nou...

Weer vir 20 Januarie 2021

19 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Tref voorsorg teen wyd verspreide donderbuie.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Namib en die Zambezi- en Omaheke-streke met enkele buie. Elders bewolk en...