Vaste plan les nou Uis se dors
Des Erasmus - Mense in kommunale gehuggies van Damaraland rondom Uis is sedert Vrydag die eerste keer in maande met skoon water bedien namate die noodwaterplan vir mense in die dorsland uitgekring het.
Vragdraers met waterhouers van vyf liter het selfs van die grondpaaie afgedraai om mense in die landskap met sy yl bevolking te bedien.
Sedert verlede week is die veldtog om drinkwater op Uis te kry ook georden in ‘n noodwaterplan wat onder aanvoering van mnr. Chris Theron van Walvisbaai staan. Theron het gister aan Republikein gesê Uis se waternood kan nog tot drie maande voortduur. Hy het ook beklemtoon dat sedert Donderdag met elke saakmakende instansie oor die watersituasie geraadpleeg is en dat samewerking nou op alle vlakke bewerkstellig is.
Op Uis is ook ‘n verspreidingspunt geskep waarvandaan hulp versprei word. Daar gaan al hoe meer op die verspreiding van water in 5 liter-kanne gekonsentreer word.
Bystand word nou gekoördineer en die klem val op vyf liter-kanne .
Theron meen sedert verlede week met die noodplan begin is, is sowat 90 000 liter water reeds op Uis en in die omgewing versprei.
Vandag word nog ‘n besending water van Hentiesbaai verwag. Dit word deur gewone mense en private instansies geborg.
Theron sê deel van Uis se watersorge is dat die oorspronklike waterinstallasies vir ‘n myn bedoel was, nie vir ‘n dorp en sy mense nie. Sy persoonlike ondersoek het uitgewys dat Uis deur 13 boorgate bedien was, maar dat sewe weens die dalende watervlak van die Omarururivier droog is. Op die roete van die pypleiding na die dorp is ook aftappunte vir kleinboere.
Oor die noodwaterplan het Theron gesê dit is ‘n noodplan deur Namibiërs vir Namibiërs met geen geldelike gewin nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie