Varsitybeker: Tuks bo in Loftus-'gala'
Rugby
Cobus Claassen - UP-Tuks het tot in die 74ste minuut gewag om die Maties op 'n sopnat Loftus Versfeld te troef in dié rugbyspanne se Varsitybeker-kragmeting Maandagaand.
Die tuisspan het met 13-9 gewen nadat Tuks se losskakel, Thinus de Beer, diep in die tweede oorgeduik het vir die wendrie.
Dié beslissende drie het gekom ná een van die min kere wat die Tukkies in die tweede helfte in die besoekers se kwartgebied gekom het.
Gietende reën wat regdeur die kragmeting uitgesak het, het van die beloofde skouspel 'n saai getjommel gemaak.
'n Mens moet die spanne loof dat hulle die bal met soveel onderneming wou rondgooi, maar dit het keer op keer op 'n hanteerfout of omkeerbesit uitgeloop.
In die eendeweer kon 'n mens nie veel wys raak met die oog op vanjaar se kompetisie nie.
Die tuisspan het die slot Eli Snyman in die eerste beweging van die wedstryd verloor toe hy hinkepink van die veld af gekom het.
Tuks moes boonop enkele minute later sonder De Beer (losskakel) klaarkom. Hy het in 'n geelkaart vasgekyk nadat 'n paar spelers aan mekaar geruk en pluk het.
Die Maties het teen rustyd aan 'n skrale voorsprong van 6-5 vasgeklou, te danke aan hul losskakel, Ernst Stapelberg, se knap stelskopwerk in moeilike omstandighede.
De Beer het die telling ná rustyd tot 8-6 laat aanskuif, maar Stapelberg het die maroentruie onmiddellik weer laat voorloop met nog 'n strafdoel.
Stapelberg was flink en het sy spanne dikwels vorentoe laat speel met sy skopvoet.
Die Tuks-agtsteman, Chris Massyn, was woelig en het heel gepas sy span se ander drie gedruk.
Puntemakers
Tuks 13 (5): Drieë: Chris Massyn (5), Thinus de Beer (5). Strafdoel: Thinus de Beer.
Maties 9 (6): Strafdoele: Ernst Stapelberg (3). - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie