Varsitybeker-rugby begin in April
Rugby
Marnus Kok – Die Varsitybeker-rugbyreeks sal vanjaar in ’n bioborrel beslis sal word – in alle waarskynlikheid met Pretoria as gasheer.
Die ringkoppe van die reeks en deelnemende universiteite se verteenwoordigers het Maandag op ’n vergadering besluit dat die gewilde studentereeks en die Varsityskild-reeks vanjaar sal plaasvind. Wat wel vir 2021 in die slag bly, is die Young Guns-reeks.
Aanvanklik was die toernooi geskeduleer om op 8 Maart te begin, maar Xhanti-Lomzi Nesi, bestuurder van die Varsitybeker-reeks, sê dit sal nou in die eerste week van April afskop.
Nog ’n belangrike besluit wat geneem is, is dat geen relegasie ná afloop van vanjaar se seisoen sal plaasvind nie. Aanvanklik was die plan dat die twee spanne wat aan die einde van die seisoen onderaan die Varsitybeker se punteleer is, in 2022 in die Skildreeks sou speel. Relegasie sal nou ná afloop van die 2022-seisoen plaasvind, met ’n gesamentlike punteleer van die twee seisoene wat gebruik sal word.
Wat die speel van wedstryde betref, sal spanne vir ’n week in die bioborrel wees – en drie wedstryde in daardie tyd speel. Daarna sal spanne vir twee weke huiswaarts keer, waarna die proses nog twee keer herhaal sal word.
Volgens ’n skrywe van die Varsitybeker-reëlingskomitee aan universiteite, het die Suid-Afrikaanse Rugbyunie aan die minister van sport geskryf om uit te vind wat die Covid-19-regulasies sal behels. Sodra terugvoer gekry word, sal presies geweet word wat die regulasies is met betrekking tot toegang tot die borrel ensovoorts.
Drikus Hancke, afrigter van Maties, is bly dat uiteindelik iets konkreet op die horison is. Hy gee egter toe dat die drie wedstryde wat in die bestek van ’n week gespeel gaan word ’n unieke uitdaging gaan wees.
“Ons is baie bly oor die vooruitsig om weer te speel. Die spelers werk hard en hulle oefen tog om te speel. Ons gaan beslis die spelers moet reg bestuur – nie net bestuur nie, die kondisionering gaan ook baie belangrik wees,” sê Hancke.
Die Stellenbossers het die laaste paar jaar die reeks oorheers, deur in 2018 en 2019 koning te kraai.
Met die Young Guns wat nie beslis gaan word nie, kan dit beteken dat van daardie spelers vir hul universiteite se senior span kan speel.
“Ons gaan beslis ons spelersgroep moet vergroot. Waar ons nou 40 het, sal ons dalk 50 of 55 spelers hê. Dit sal beteken dat ons meer van die Young Guns-spelers kan gebruik,” sê Nico Luus, afrigter van Tuks.
“Maar die aankondiging van drie wedstryde in ’n week verander nie regtig ons beplanning nie. Ons het verwag dat die reeks in ’n bioborrel gaan plaasvind.”
Vir Pieter Bergh, afrigter van die Ixias, is die aankondiging iets wat sy spelers ’n nuwe huppel in hul stap sal gee.
“Dit is moeilik om na iets toe te werk, sonder om ’n definitiewe datum te hê. Toe ons verlede jaar na die oefenveld teruggekeer het, was daar aanvanklik opgewondenheid onder die spelers,” sê Bergh.
“Tog is daar maar altyd die onsekerheid in ’n mens se agterkop, soos wat as die reeks nie plaasvind nie? Nou is daar ’n nuwe opgewondenheid.”
– Netwerk24
FOTO
Amper weer sulke tyd. Reinhardt Fortuin, losskakel, en Anton du Toit, heelagter van Maties, in die 2020 Varsitybeker-reeks. Foto: Gallo Images

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie