Varser is nie moontlik nie
Tanja Bause – Langs die B1-hoofweg na Mariental staan ’n karavaan.
Dit behoort aan mnr. Arno Jansen en word sedert Maart vanjaar as ’n padstal gebruik.
“Ons verkoop nie net spanspek en waatlemoene nie, maar ook biltong, droëwors en ‘chilli bites’,” het hy gesê.
Jansen het in Februarie na Mariental verhuis en ’n vleisbedryf begin. “Dit is eintlik ’n biltongfabriek, maar ons hou nou ook nat vleis aan. Ek probeer om een keer ’n week aan Windhoekse kopers te lewer.
“Die spanspek en waatlemoene koop ek hier by die plotte buite Mariental. Jy sal dit nêrens varser kry nie. Ek koop dit soggens by die boere en bring dit onmiddellik na die padstal.”
Die padstal is elke dag van die week vanaf 08:00 tot 17:00 oop.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie