Vandale gewaarsku
Yochanaan Coetzee
Vandale in die hoofstad moet lig loop nadat 'n streng waarskuwing gister deur die Namibiese polisie en die Kleine Kuppe Buurtwag (KKNHW) uitgereik is.
Die buurtwag was gister voor sonop in kennis gestel dat een van hul buurtwagborde in Burgerstraat in Kleine Kuppe deur vandale verniel is.
Mnr. Sarel Hanekom, voorsitter van die KKNHW, is uiters ontevrede en sê hy neem dit baie persoonlik op.
“Vir my sê dit net dat die misdadigers vir ons 'n boodskap stuur wat sê hulle gee nie om vir die gereg nie en sal maak soos hulle wil,” sê Hanekom.
Hoofinspekteur James Nandapo is van die voorval ingelig. Hanekom sê Nandapo staan die buurtwag by en het vandalisme as ontoelaatbaar beskryf.
“As dit nie nou getakel word nie, kan dit handuit ruk,” het Hanekom gesê.
Daar is 'n klag van vandalisme by die polisie aangemeld.
'n Beloning van N$2 000 is uitgereik vir enige inligting wat tot die inhegtenisneming van die skuldiges kan lei.
Enige inligting kan aan Hanekom by 081 381 8505 of aan Nandapo by 081 348 2845 gestuur word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie