Van Zyl en De Haas wen Vasbyt
Elkeen van die 18 inskrywings moes uithaal en wys vir die uitdagende tien skofte aan die agterkant van Duin 7.
Adolf Kaure - Die gedugte duo van Theuns van Zyl en Doyle de Haas as Vasbyt 4x4-drywer en -navigator was die algehele wenners ná afloop van die tien skofte van die Weskus 4x4 Vasbytklub se groot jaarlikse kompetisie wat Saterdag agter Duin 7 naby Walvisbaai afgehandel is.
Theuns en Doyle, in hul voertuig genaamd “Non Stop” was die pasaangeërs en het nege uit die tien uiters moeilike skofte suksesvol voltooi. Dit het hulle met 490 punte laat eindig, om die C-klas asook die algehele kompetisie in te palm.
“Dit is altyd 'n groot eer en plesier om die Vasbyt te wen. Nie sommer elkeen kry 'n kans om die algehele kompetisie te wen nie,” het Van Zyl agterna gesê.
Volgens hom kan die oorwinning aan verskeie faktore toegeskryf word, insluitend hul vlak van tegniek en konsentrasie.
“Die voorbereiding van ons voertuig, asook ons konsentrasie gedurende die hele kompetisie het beslis gehelp.
“Dalk was daar 'n mate van geluk betrokke, of dalk 'n mengsel van goeie vaardigheid saam met geluk. Ek is baie bly dat ons gewen het en ek beskou dit as 'n groot prestasie.”
Altesame agttien voertuie het in die drie kategorieë van die byeenkoms ingeskryf, naamlik Klas A, B en C.
Klas A is vir standaard voertuie met 'n kort wielbasis, terwyl Klas B vir voertuie met 'n standaardlengte wielbasis en Klas C vir beide kort en lang wielbasisse met 'n sluitbare agteras bedoel is.
Ondanks 'n winderige dag is die skare soos gebruiklik met aanskoulike motorsport vermaak.
Die tien skofte het ses ingesluit met sandput-hindernisse waardeur die ryers hul pad moes maneuver, asook twee duinskofte, 'n modderput en 'n put vol buitebande.
Floris Steenkamp Senior en Floris Steenkamp Junior, met hul voertuig “Bobjaan”, was algeheel tweede met 420 punte. Herman en Nico Theron in “Junior aka Poetsie” het in die derde eindposisie klaargemaak, ook met 420 punte.
Die wenners van die onderskeie klasse was soos volg:
Klas A: 1 Floris Steenkamp Senior en Floris Steenkamp Junior (420 punte), 2 Michael Behnke en Juan Theron (330), 3 Dolf Bothma en Rainer Kompat (280).
Klas B: 1 Morne Oosthuysen en Niels Gartner (400), 2 Chris Bruyns en Janco Bruyns (390), 3 Jaco Oberholzer en Porra Dias (380).
Klas C: 1 Theuns van Zyl en Doyle de Haas (490), 2 Herman en Nico Theron (420), 3 Henri Knouwds en Rudolf Leeb (390).
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie