Van Kenneth se geheime stap saam graf toe
Net soms gebeur dit dat iemand doodgaan voordat 'n laaste gesprek gevoer kon word. So verkondig 'n emosie toe Maandag van die dood van dr. Kenneth Abrahams verneem word.
Dit miskien net om dankie te sê aan 'n man wie se politieke oortuiginge in die jare sestig van die vorige eeu so ver as die Ooste van die Weste van myne verskil het. Juis daardie kloof was verantwoordelik vir van die veldskooldae van 'n jeugdige verslaggewer met drome van 'n toekoms met 'n griffel in sy hand. 'n Bastervolk is ontmoet wat in 'n daaropvolgende loopbaan 'n lêplek in die skoot van my hart sou kry. Die wonderlike landskap is ontdek, 'n lap aarde veel meer as bloot die hoofweg na die Suide wat daardeur sny.
Die jeugdige Abrahams het hom as boorling van die Kaap in 1963 as dokter met 'n belangstelling in die politiek op Rehoboth gevestig. Gou was dié Abrahams onder die Basters bekend as 'n man met genesende krag. Burgerskap is aan hom toegeken. Saam met hom na Rehoboth het die valke-oë van die destydse veiligheidswetgewing van Suid-Afrika gekom. Die opdragte was daardie Abrahams moet in kettings lê. Die Basterraad het geweier.
Toe het 'n stryd van woorde dae lank tussen die Basters en die polisie gevolg. En ek? Dit was een van die eerste groot stories vir my as loot in die digte woud van die joernalistiek wat later die lewe sou word.
Die eerste les was dat 'n nuusman moet leer om te wag. Ook die buitewêreld het gewag met die fokus juis op Suid-Afrika oor sy rol in die koggelvraagstuk van Suidwes-Afrika. Nuuskontakte het aan beide kante ontstaan - die polisie en die Kaptein en die Kapteinsraadslede. Niemand wou praat nie. Net die “volk” het gemobiliseer. As radioman was die nuuskanaal die landlyn of twee en 'n stuk of vyf fluitende radiokanale na Johannesburg.
Verskeie landlyngesprekke (“afspraakoproepe”) was uit die hokkie van die Suidwes-hotel bespreek. Stemopnames is van daardie voorlesings gemaak, van die bulletins in Engels. Maar kry jy per abuis 'n radiolyn, fluit die affêre net wanneer jy by die klimaks kom.
Dan begin jy maar van voor af aan.
Om bedags die leë ure te vul, is in die hoofstraat afgestap. Die wonderresepte vir Basterroosterkoek is in die notaboek opgeteken. Vrindskapsbande is gesmee wat 'n leeftyd sou duur. Abes Strauss, Dap Izaaks, Alan Louw, Baron van Wyk, Hans Diergaardt en die snare. Hans Diergaardt ja. Al staan daar duisend voor jou, sou jy weet wie Kaptein Hans is.
Ook die laaste gesprek met Kenneth Abrahams is gevoer voordat hy na Botswana uitgewyk het. Vanselfsprekend wou hy weet hoe jy voor hom kan staan. Hy het gesê wanneer die nuus breek, sal hy nie meer in die destydse Suidwes-Afrika wees nie. Daardie nag het hy saam met andere oor die grens met Botswana geglip.
Vandag nog deel ek in die geheim van sy inhegtenisneming in Botswana en aanhouding op Gobabis. 'n Hof het gelas dat hy aan Botswana terugbesorg moet word. Weer nuusgeskiedenis. Radioverbinding deur 'n nuusman tot op Gobabis en daarvandaan per telefoon terug na Windhoek en dan verder.
En ek? Kenneth, tot die dood toe was daar goedjies waarvan net ek en jy geweet het.
Al was ons albei vry.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie