Van doodgewoon na ongewoon
Sylvia Lewis vertel oor haar reis met breinkanker as deel van die Go Gray In May-bewusmakingsveldtog.
Tania Pascheka – Dit was die begin van die einde van ’n lewe soos sy dit geken het.
Met Sylvia Lewis, née Faber (toe 31 jaar oud) se eerste stuiptrekking, het sy nog nie geweet wat die toekoms vir haar inhou nie. Met haar tweede stuiptrekking het hulle eers gedink dit is ’n epileptiese aanval. Maar met ’n CT- en MR-skandering daarna kry sy die skoknuus: ’n wit gewas van 6,7 cm groei op haar frontale regterbreinlob.
Vra jy uit oor ’n persoon se lewe voor so ’n trauma, praat hulle dikwels liewer oor die positiewe dinge. Sylvia verwys nie net na die positiewe nie. Sy praat van haar vorige lewe. Wat haar laat uitstaan, is sy erken haar tragedie het haar innerlik laat groei.
Sylvia, wat by die Faber-familie se bekende apteek op Okahandja werk, se eerste stuiptrekking was op 25 November 2017 ná nuus van haar oupa se afsterwe.
Op 17 April 2018 het sy ’n tweede stuiptrekking gekry. Tussen dié twee episodes was daar wel tekens iets is nie pluis nie, soos gereelde hoofpyne en hande wat blou word.
Met haar tweede stuiptrekking het sy onverwags agteroor geval en ’n kopwond opgedoen. Toe sy later bykom, het sy aan haar broer gesê sy gesig bloei. Sy het nie besef dit is haar eie bloed nie.
Ná die tweede episode moes sy vir skanderings gaan. Sy was onseker hoekom hulle haar in die hospitaal wil hou vir verskeie skanderings. Die neuroloog van Windhoek het haar van die gewas ingelig en die besluit om ’n lumbale punksie te doen om infeksie uit te skakel.
Vyf dae nadat sy ontslaan is, vlieg sy na Suid-Afrika. Eers kon sy nie die spesialis van haar keuse sien nie. Die tweede spesialis verwys haar wel dadelik na ’n spesialis vir haar spesifieke soort gewas – dr. Roger Melvill (ook haar eerste keuse). Hy lig hulle in die gewas sal die daaropvolgende week verwyder moet word weens onvoldoende
bloedvloei en suurstoftoevoer.
INGEWIKKELD EN RISKANT
Die gewas, ’n astrositoom, het ’n steragtige vorm met tentakels wat binne die brein groei. Die gewas is soos ’n bol watte, eerder as ’n soliede gewas wat makliker en heeltemal verwyder kan word.
Die operasie was haar eerste en van narkose en teaters het sy niks geweet nie. Sy was angsbevange. Die breinchirurgie deur haar skedel kon die risiko van spraakprobleme, verlamming, bloeding en selfs breinskade tot gevolg hê.
Sylvia het met vrae vol vrees gesit: Gaan ek wakker word? Gaan ek dieselfde wees? Gaan ek my liggaamlike funksies behou?
Uit pure vrees het sy haar neurochirurg gevra of sy nie maar eerder haar breingewas kan hou nie. Gedurende dié tyd van onsekerheid het haar gesin haar probeer bemoedig. Sy sal nooit die seer, die rou angs in hul oë so tussen die trane deur vergeet nie.
Voor haar kraniotomie moes sy haar hare afskeer vanweë die verhoogde risiko van infeksie. Sy het haar hare aan Kansa geskenk. Haar lang hare – tydskrifvoorbladmooi – was tevore altyd deel van haar uiterlike trots.
Ná haar operasie het sy gereeld geheueverlies ervaar. Party dinge is tot maande later eenvoudig uit haar geheue gewis. Sy sê dit is een van die maniere hoe God se genade haar geseën het.
Met ’n opvolgskandering ’n jaar later, is ’n nuwe breingewas, wat nie geopereer kan word nie, in die corpus callosum gevind. Met haar gesondheidsgeskiedenis het sy gehoop hulle kon opereer, maar sy moes 33 bestraling- en chemobehandelingsessies vir ses maande ontvang – dit nadat sy vir drie maande daarmee geworstel het of sy dit wel moet doen.
Vir die eerste keer in haar lewe was Kaapstad nie vir haar mooi of lekker nie.
Sy is wel dankbaar vir die mense wat deur dié moeilike stryd die pad saam met haar gestap het. Dit is mense wat volgens haar elkeen deur die Here se hand vir haar uitgekies is.
Mense wat help reëlings tref het, haar hand vasgehou het gedurende die sessies, die Uber moes laat stilhou toe sy die eerste keer nie lekker gevoel het ná haar chemobehandeling nie, asook haar familie wat so gereeld moontlik by haar probeer wees het.
Een van die moeiliker oomblikke was toe haar geliefde pa nie by haar kon wees nie, omdat hy self chemobehandeling in Windhoek ontvang het.
Sy sou dit nie sonder haar tannie Magdaleen se voorbereiding kon doen nie. Ongelukkig het Magdaleen op 15 Maart vanjaar haar eie stryd teen kanker verloor.
Magdaleen was haar groot inspirasie met al die boodskappe wat sy opgeneem en aan haar gestuur het – sommer so deur haar suurstofmasker.
Haar ondersteuningsgroep is waar sy haar dryfkrag vandaan kry. Dit is ook die mense vir wie sy aanhou veg.
Sy praat herhaaldelik net goed van dr. Melvill en vertel hoe ’n wonderlike mens hy is en hoe na aan haar hart hy lê – te alle tye beskikbaar en behulpsaam, en geniaal op sy gebied.
In November 2019 het sy haar laaste chemobehandeling ontvang. Maande later proe sy steeds die metaalsmaak in haar mond, voel selfs die seer brandgevoel van die chemo op haar vel en kry steeds ligte stuiptrekkings. Liggaamlik word sy vinnig moeg.
Sy het twee jaar laas motor bestuur of op haar eie gebly. Gedurende hierdie tyd het sy vertroud geraak met brein- en onkologieterme. So was daar ook ’n dag wat sy vry was van hande vol pille sluk. Haar erge hoofpyn is nou die nuwe norm. Die wete dat ’n stuiptrekking enige oomblik kan volg, is nog ’n nuwe norm waaraan sy gewoond moes raak.
Mei is wêreldwyd bekend as Go Gray In May-maand vir die bewusmaking van breinkanker met die hoop daar sal eendag ’n kuur vir breinkanker gevind word.
Meimaand – toevallig ook die maand waarin haar kranitomie gedoen is – is vir haar die maand van tweede kanse. Sy vertel dat sy van gesondheid kan spreek weens haar voorreg om steeds te lewe.
Haar dankbaarheid skryf sy toe aan die Here en sy groot genade oor haar en haar lewe, en dit wat sy deur Hom kon leer, asook haar ondersteuningsgroep en haar wonderlike spesialis.
Sylvia getuig daarvan dat dinge, al het jy ’n goeie lewe, in ’n oogwink kan verander, en mens se gesondheid kan nie vervang of teruggekoop word nie.
Sy moedig elke persoon aan om voluit te lewe, asook om elke oomblik van geluk wat daar is met beide hande aan te gryp en dankbaar daarvoor te wees.
Sy herdenk haar moeilikste dag ook as die een waarop sy die meeste gebede en liefde ooit ervaar het – gebed so tasbaar dat sy dit kon aanvoel: Hoe weet jy, jy leef, want waar lewe is, is daar hoop, en waar hoop is, is daar geloof. Met geloof in God is niks onmoontlik nie.
Dinge soos onafhanklikheid, vryheid, gesondheid, alleen bly, swem, bad en selfs normale bekommernisse oor dinge wat nie noodsaaklik is nie, is wat haar laat voel sy was ’n ander mens in ’n ander leeftyd.
Hoewel sy vrede het, wil sy nooit weer eendag wakker word en al hierdie dinge as vanselfsprekend aanvaar nie.
Sy hoop om ander te inspireer en ondersteun wat deur soortgelyke situasies gaan. Sy lewe daarvoor om uit te vind wat God se doel vir haar op aarde is, want sy weet sy plan met haar is nog nie voltooi nie.
In ’n stadium het uit vrees sy haar neurochirurg gevra: “But what if I die?” en hy het geantwoord: “Then you will wake up in heaven”.
Niks was vir haar meer gerusstellend as daardie woorde nie.
Vir nou veg Sylvia voort en sê sy weet die Here het ’n plan met haar en dit is nog nie voltooi nie. Sy haal die bekende gesegde aan: “Every day above ground, is a good day”.
As ondersteuning beveel sy aan om net daar te wees vir iemand met breinkanker, te luister en te help en ook vir hulle te bid. ’n Sterk ondersteuningsgroep was en is haar motivering. ’n Mens moet in gedagte hou dit is ’n onsigbare siekte en jy moet empatie toon, want aan die uiterlike kan jy nie die erns daarvan meet nie, en jy kan salig onbewus wees van die konstante pyn en vrees waarmee iemand met breinkanker saamleef.
Al is dit van skandering tot skandering, stap Sylvia die pad as ’n meer empatiese, simpatieke en geestelik sterker persoon in vergelyking met haar vorige self.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie