Van Boston tot Doha leer aanlyn by Kapenaars
Steun gaan vir aanlyn akademiese programme by universiteite in Amerika, Brittanje, Katar en regerings en maatskappye wêreldwyd gebied word.
Francois Williams – Kaapstad lok al hoe meer beleggings in onderwystegnologie (edutech).
Die Britse edutech-maatskappy Construct het pas ’n verdubbeling van sy bedrywighede in Kaapstad aangekondig, met 150 ekstra werkgeleenthede wat oor die volgende drie jaar geskep gaan word.
Dié mense gaan steun bied vir aanlyn akademiese programme by universiteite in Boston in Amerika, Oxford in Brittanje, Doha in Katar, asook aan regerings en maatskappye oor die wêreld heen.
Dit vorm deel van Construct, voorheen bekend as Proversity, se belegging van $3 miljoen om in Kaapstad uit te brei.
Construct is in 2013 in Brittanje gestig, maar het vinnig uitgebrei en in 2015 sy Kaapse kantoor geopen danksy die groot poel van “passievolle en talentvolle jong professionele mense” in die toepaslike sektore, sê David Casey, bedryfshoof van Construct in Suid-Afrika.
Die plaaslike bedrywighede het so vinnig gegroei dat die onderneming sedert 2015 al vier keer na groter en beter kantore moes skuif. Die nuutste kantoor is in Longkloof Studios.
Construct het ook kantore in Londen, Oxford, Doha, Tel Aviv in Israel en Salt Lake City in Amerika.
Die Wes-Kaapse handelsbevorderingsagentskap Wesgro, wat ’n spesiale afdeling het wat beleggings in die sakedienssektor bemark, het Construct gehelp met sy jongste belegging in Kaapstad. Daar is ’n groeiende lys internasionale tegnologiemaatskappye in Kaapstad, wat Amazon en GetSmarter insluit, het Tim Harris, uitvoerende hoof van Wesgro, gesê.
Die internasionale onderwysmaatskappy Pearson is ook in Kaapstad.
Die tegnologie-broeikas Cape Innovation and Technology Initiative (CiTi) het ook ’n spesiale afdeling wat edutech-ondernemings help om op die been te kom.
Van die beginnerondernemings wat by CiTi se innovasie-broeikas sake doen, sluit in Siyavula, Ark Online, Hyperion Development, Edro Robotics en Instill Education. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie