Valskerm-ongeluk eis Chinese vrou
Valskerm-ongeluk eis Chinese vrou

Valskerm-ongeluk eis Chinese vrou

Francoise Steynberg
'n Valskerm-ongeluk het die lewe van 'n Chinese vrou, me. Ran Lei (33), Sondagmiddag geëis.

Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag het die voorval tussen 12:00 en 14:45 by die Swakopmund-valskermklub by die lughawe plaasgevind.

"Sy was besig om opleiding te ontvang toe die toue van die hoofvalskerm weens die wind verstrengel geraak. Sy het nie die noodvalskerm oopgemaak nie en het doodgeval," lui die verslag.

Die oorledene se liggaam is na die polisielykshuis op Walvisbaai vir 'n nadoodse ondersoek geneem.

Haar naasbestaandes is van haar dood ingelig.

Die polisieondersoek duur voort.

Foto ter illustrasie Facebook

Kommentaar

Republikein 2025-06-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer