Valke vra Oostenryk vir hulp met Steinhoff
Valke vra Oostenryk vir hulp met Steinhoff

Valke vra Oostenryk vir hulp met Steinhoff

Die Valke het ’n senior offisier aangestel om voortaan die Zondo-kommissie se sittings in Johannesburg by te woon.
Llewellyn Prince – Inkriminerende inligting deur enige getuie voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping sal voortaan eerstehands deur die Valke vir verdere ondersoek opgepik word.

Dit is omdat die Valke nou volgens lt.genl. Godfrey Lebeya, nasionale Valke-hoof, ’n senior offisier aangestel het om voltyds die kommissie se sittings in Johannesburg by te woon.

“Ons werk baie nou saam met die kommissie en is baie geïnteresseerd in verklarings wat getuies daar aflê. Ons het om dié rede nou voltyds ’n senior offisier daar om seker te maak dat ons nie enige getuienis mis nie,” het Lebeya Woensdag in die parlement aan die portefeuljekomitee oor polisie gesê.

Lebeya en die Valke se topbestuur het aan die komitee verslag gedoen oor die vordering met sy talle hoëprofielondersoeke, veral dié oor staatskaping.

Volgens Lebeya duur die Valke-ondersoek na die Estina-suiwelprojek in die Vrystaat voort, ondanks die feit dat aanklagte teen verskeie verdagtes vroeër teruggetrek is.

“Die kritieke ding waarvoor ons nog wag, is vir terugvoering oor ons aansoek vir regsamewerking met Indië en die Verenigde Arabiese Emirate. Ons werk saam met die nasionale vervolgingsgesag en die departement van justisie daaraan.”

Lebeya sê die Valke ondersoek ook steeds Eskom se betaling van R659,9 miljoen aan die Gupta-verwante Tegeta om die Optimum-steenkoolmyn te koop.

Die maatskappye Trillian en McKinsey is die ander verdagtes in die ondersoek na bedrog, korrupsie en geldwassery.

Bewerings word ook ondersoek dat die Guptas en hul vennote R1,4 miljard onwettig van die rehabilitasiefonds van die Koornfontein-myn na die Bank of Baroda oorgedra het.

Die Valke wag volgens Lebeya egter nog vir verdere inligting wat van die Bank of Baroda aangevra is, sowel as vir ’n forensiese verslag daaroor.

Hy het ook aan die komitee vertel waar die 16 jaar oue korrupsiesaak teen oudpres. Jacob Zuma en Thales Suid-Afrika in die hof staan. “Argumente oor die permanente staking van vervolging in die saak word tussen 20 en 23 Mei 2019 in die hooggeregshof in Pietermaritzburg aangehoor.”

Die Valke se ondersoek na Steinhoff se direkteure duur ook voort. Sowat 21 verklarings is reeds hieroor afgeneem. Die Valke het in Desember verlede jaar ’n aansoek om regsamewerking aan Oostenryk gestuur om verdere getuienis uit daardie land te kry.

Volgens Lebeya is dagvaardings ook reeds gestuur aan nog drie Bosasa-verdagtes wat met Angelo Agrizzi, Linda Mti, Patrick Gillingham, Andries van Tonder, Frans Vorster en Carlos Bonafacio se volgende hofverskyning saam met hulle aangekla sal word.

“Een verdagte is nog nie aangekeer nie omdat hy in die buiteland is. ’n Uitleweringsproses vir hom sal binnekort met Amerika begin word,” sê Lebeya.

Die Valke se ondersoek na die VBS Mutual Bank-skandaal duur ook nog voort.

* Intussen het Victor Senna, waarnemende uitvoerende direkteur van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), Woensdag ook die versekering aan die komitee gegee dat daar geen krisis by die waghondorganisasie is sedert hy op 1 Maart by Robert McBride oorgeneem het nie.

Senna sal vir die volgende drie maande as Opod-hoof waarneem nadat McBride se termyn nie verleng is nie.

McBride wil tans dié besluit in ’n hof laat hersien. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.05 | EUR to NAD 19.85 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.43 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.43 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 364.86/OZ UP +0.78% | Copper US$ 4.61/lb UP +1.09% | Zinc US$ 2 956.60/T UP 1.29% | Brent Crude Oil US$ 83.70/BBP DOWN -0.0114 | Platinum US$ 995.59/OZ UP +1.04% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.05 | EUR to NAD 19.85 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.43 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.43 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 364.86/OZ UP +0.78% | Copper US$ 4.61/lb UP +1.09% | Zinc US$ 2 956.60/T UP 1.29% | Brent Crude Oil US$ 83.70/BBP DOWN -0.0114 | Platinum US$ 995.59/OZ UP +1.04%