Vakbonde su00ea regering moet SOE's beskerm
Vakbonde su00ea regering moet SOE's beskerm

Vakbonde sê regering moet SOE's beskerm

Swapo se vakbondfederasie, die NUNW, het 'n hou na leiers in die regering en die private sektor ingekry vir beweerde oneerlikheid en 'n gebrek aan respek vir werkers.
Sanet de Waal
Namibië se grootste vakbondbeweging, die Nasio­nale Unie vir Namibiese Werkers (NUNW), het op Werkersdag die nadruk geplaas op samewerking tussen alle partye om werk te skep vir ekonomiese herlewing.

As sukses nie hiermee bereik word nie, wag ineenstorting, erge armoede en ­hongersnood op die land, het mnr. Job Muniaro, ­sekretaris-generaal van die NUNW, Saterdag in 'n ­videoboodskap gesê.

In 'n kort boodskap in die sosiale media het pres. Hage Geingob gesê werkers moet in die moeilike ekonomiese omstandighede as gevolg van Covid-19 saam met die regering werk om gemeen­skappe en die ekonomie te herbou.

Die NUNW bly streng gekant teen kapitalisme, privatisering en die skending van werkers se regte. Volgens Muniaro moet die regering staatsondernemings (SOE's) wat in die moeilikheid verkeer, red om werksgeleenthede en werkers te beskerm.

'n Staking by die ­Namibiese ­Uitsaaikorporasie (NBC) rol steeds onverpoosd voort.

Die NUNW het wyd alle “leiers” veroordeel wat ­vooruitgang en die verdeling van welvaart ­kortwiek weens 'n gebrek aan respek teenoor werkers, onwilligheid om na werkers te luister en ou wrokke. Muniaro het verwys na leiers, volgens alle ­indrukke beide in die regering, Swapo en die private sektor, wat nie die ­vertroue van werkers en die nasie geniet nie.

“Die land moet gelei word deur vertroue, magsdeling, deursigtigheid, effektiewe kommuni­kasie (en) aanspreeklikheid,” het Muniaro benadruk. Hy het die lysie vir beklemtoning herhaal.

Misverstande ontstaan volgens die NUNW-leier dikwels en mense wil ook nie erken dat hul fouteer nie. Net die hoogste vlakke van toewyding en gesprek tussen partye sal volgens Muniaro werk kan skep. “Dit is tyd om te vergewe en te vergeet,” het die ­sekretaris-generaal gesê.

Muniaro het aangedring volhoubare werk moet plaaslik geskep word. “Laat ons nie drink en eet van internasionale tafels nie,” het Muniaro aangevoer met verwysing na projekte deur buite­landers waaruit al duur lesse geleer is.

Volgens die NUNW kan ekonomiese herlewing en die instel van 'n landswye minimumloon net gebeur deur werkskepping.

Die Namibiese regering het volgens Geingob die afgelope 31 jaar hard gewerk om werkers se regte te beskerm. Die doel van Werkersdag is volgens hom om werkers se bydraes tot ontwikkeling te erken en te vier.

Geingob het ook werkers se rol benadruk in die stryd teen geslagsgeweld en wandade teen kinders. Hy het 'n spesiale bedanking gerig aan frontlinie­werkers vir hul opofferings tydens die pandemie.

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° #N/A #N/A