Vakbond wil hotel koop
Vakbond wil hotel koop

Vakbond wil hotel koop

Die hotel se salarisse is sedert Mei 2020 onbetaald.
Die Namibiese Nasionale Werkersunie (NUNW) het deur hul prokureurs ’n aanbod aan TransNamib Holdings vir die koop van die Swakopmund Hotel and Entertainment Centre ingedien.

“Om die Swakopmund Hotel and Entertainment Centre in staat te stel om tydige betalings aan sy werknemers en ander partye te kan maak, is ons kliënt bereid om al die aandele in die hotel vir ’n bedrag van N$155 miljoen te verkry,” lui die verklaring uitgereik deur Metcalfe Beukes Attorneys.

“Dit is onderhewig aan die feit dat ons kliënt sulke aandele verkry sonder enige skuld. Die aanbod sal alle roerende en onroerende bates insluit, asook die parkeerterrein waarvan die aktes uitsluitlik in die naam van TransNamib Holdings (Edms.) Bpk geregistreer is.”

Die verklaring stipuleer dat NUNW geen belang het om voort te gaan met die kontrak met Legacy Hotel Group ni.

“Hulle is ’n buitelandse entiteit en ons kliënt het plaaslike instellings wat meer as in staat is om die hotel suksesvol en winsgewend te bestuur.

“Ons wag op u aanvaarding van hierdie aanbod, wat tot 31 Maart 2021 oop bly.”

’n Bedrag van N$10 347 983.33 vir salarisse vir werkers van die hotel is uitstaande. Werkers is sedert 1 Mei 2020 nie betaal nie en moet aan die einde van April 2021 betaal word.

Namibia Post and Telecommunications Holdings (NPTH) het intussen hul besluit om 50% van die Swakopmund Hotel te koop, herroep. NPTH sal eerder ’n dividend aan die regering verklaar om die regering toe te laat om die aankoop self te doen.

Kommentaar

Republikein 2026-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer