Vakbond vra hulp
Wetgewers moet onafhanklik wees om werkers se lewens te verbeter.
Augetto Graig - Die Vakbondraad van Namibië (Tucna) het die speaker, prof. Peter Katjavivi, gevra om vakbonde in Namibië met sekere kwessies te help.
Tucna se president, mnr. Paulus Hango, het gesê dit was die eerste keer dat vakbondleiers met die hoof van die land se wetgewers vergader het.
Die vakbondleiers het seewerkers, winkelwerkers, bouers, onderwysers, petroljoggies, sekuriteitswagte, sokkerspelers en staatsdienswerkers verteenwoordig.
Volgens Hango hoop Tucna president Hage Geingob sal ook eendag met hulle vergader.
Vakbondleiers het aan Katjavivi genoem hulle vind toegang tot wetgewers baie beperk. Hango het voorgestel Katjavivi oorweeg die vorming van 'n forum waar wetgewers die klagtes van nie-politiese vakbonde kan aanhoor.
Hango het gesê Katjavivi het die voorstel verwelkom.
Die vakbonde het ook gekla oor die aanstel van parlementêre werkers deur die staatsdienskommissie of die eerste minister se kantoor.
Volgens Hango doen dié praktyk skade aan die onafhanklikheid van Namibiese wetgewers.
“Die uitvoerende arm van die regering is dus die aanstellende owerheid van wetgewers,” het Hango gesê.
Vakbondleiers het ook hul kommer uitgespreek oor die feit dat komiteevergaderings meestal in werksure plaasvind, wat dit vir werkers moeilik maak om by te woon. Hulle stel voor die speaker kyk na die moontlikheid dat werkers verlof by hul werkgewers kan kry vir die doeleindes.
Vakbondleiers wil ook meer dikwels en betyds die geleentheid hê om insette te lewer in die jaarlikse begrotingsdebat.
“Die huidige parlementêre proses van inligting deel is erg onvoldoende,” het Hango gesê.
Hy het gevra dat sosiale media gebruik word vir beter kommunikasie.
Daar is ook gevra dat lig gewerp word op die beweringe dat die regering Staatspensioenfonds (GIPF)-geld gebruik om salarisse te betaal en op hoe werkspermitte aan buitelanders uitgereik word.
Tucna het ook gevra dat die parlement die huidige tekort aan amptelike sokkerwedstryde aanspreek.
Mnr. Lolo Goraseb het namens sokkerspelers gesê: “Sokker is nie net oor ons nasionale trots nie, maar ook oor werkverskaffing. Wanneer sokker stopgesit word, word baie lewens bedreig.”
Tucna wou laastens weet hoekom sekere wette nie toegepas word nie, veral die Maatskaplike Voorsorgkommissie (SSC)-wet wat voorsiening maak vir 'n nasionale pensioenfonds, werkloosheidsfonds en mediese fonds.
Die tekort aan geld lei nie net tot die besteding van miljarde aan Suid Afrikaanse maatskappye wat die dienste verskaf nie, maar maak dit ook moeiliker om vir beter omstandighede namens sekuriteitswagte, winkelwerkers en petroljoggies te onderhandel, het Hango gesê.
“Die mense slaap en laat die werkers in die steek,” het hy oor die SSC gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie